Ramey Short – BLY TOT LAASTE

Ramey Short – BLY TOT LAASTE

Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer (“Die Quintonator”) wat in die daaglikse televisiedrama, Binnelanders, te sien was op kykNET, reik binnekort sy tweede soloalbum, getiteld BLY TOT LAASTE uit.

Dié album beloof om aanhangers se voete behoorlik te laat jeuk van plesier en hopelik ook hul harte aan te raak. Die eerste enkelsnit wat vrygestel word is BLY TOT LAASTE.

Elke lied op die album dra egte betekenis vir Ramey. Die album is oor ‘n tydperk van byna twee jaar
vervaardig.

Hy het ‘n spesifieke idee gehad vir die klank van die album en het alles in sy vermoeë gedoen om dit oor te dra in sy aanbieding. Ter beskrywing van die klank op die album, beskryf hy dit as ‘n vars bries met ‘n internasionale geur.

Die storievertelling is gebaseer op die boustene van hoop, liefde en inspirasie. Ramey glo elke liedjie vertel ‘n storie. Hy beplan om eers ‘n paar enkelsnitte uit te reik alvorens hy die album uitreik.

Ramey droom reeds van kindsbeen af oor ‘n album van sy eie en nou kry hy die kans om selfs ‘n tweede een uit te bring.

Ramey se leuse, “Face your fears and live your dreams” het hom laat vashou aan dié droom. Hy het weer begin skryf en werk aan die album in ‘n tyd waar sy lewe nie altyd eenvoudig was nie.

‘n Liefdesprojek soos hierdie het hom weer opnuut laat besef dat jy moet gehoor gee aan die dinge wat op jou hart druk.

Fardinan Skead het die leisels geneem met die vervaardiging van die album. Dit is belangrik op die regte kundiges te betrek siende die Suid-Afrikaansemusieklandsap baie kompeterend is. Elke liedjie is noukeurig deurgewerk sodat elkeen op sy eie meriete ‘n boodskap aan die luisteraar oordra.

Hy erken dat hy die album op geneem het terwyl hy
voltyds besig was het met sy fotografie besigheid LORA Photography & dit was beslis ‘n
groot uitdaging.

In kort wil Ramey met hierdie album almal sien dans op die dansvloer.

Short is opgewonde om die reaksie op die album te sien. In sy woorde: “Daar is tans geen Afrikaanse musiek wat hieroor gelykstaan nie”.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram