fbpx
Suid-Afrika, maak gereed om binnekort Starrstruck te wees!

Suid-Afrika, maak gereed om binnekort Starrstruck te wees!

Suid-Afrika, maak gereed daarvoor om binnekort Starrstruck te wees! ‘n Ongelooflike, splinternuwe aanlynplatform gaan kunstenaars en hul aanhangers nader aan mekaar bring deur ‘n regstreekse stromingsblad. Aanhangers kan uitsien om met slegs die druk van ‘n knoppie na lewendige musiekkonserte, komedies, dans, vertolkings, kompetisies en veel meer te kyk.

Starrstruck logo

Starrstruck bied aan kunstenaars die geleentheid om die kunste weer te laat herleef en steeds hul daaglikse brood te verdien. Tydens die laaste paar maande moes uitvoerende kunstenaars en tegnici die aaklige realiteit in die gesig staar om sonder enige inkomste klaar te kom. “Kunstenaars het ons ondersteuning nodig, want al is jy beroemd beteken dit nie dat jy kruideniers aan die einde van die maand kan koop indien jy nie enige inkomste verdien nie,” sê Starrstruch-direkteur, Matthew Smit.

Dié inisiatief is gebore tydens die verlengde inperkingstyd, terwyl daar na maniere gesoek is om die industrie te ondersteun in die huidige moeilike omstandighede. Starrstruck se stigter, Tim Fish sê dat hy tydens vlak 5 van die grendeltyd aan die konsep gedink het. “Ek het gedink aan hoeveel Suid-Afrikaners daar by die huis is wat ‘n bietjie humor, ritme, danspassies en ligte vermaak nodig het om die slegte nuus rondom ons mee uit te doof.” Hy het verder gedink aan al die talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars sonder enige inkomste.

Ek het gewonder hoe ons bestaande en voornemende kunstenaars kon bystaan sodat hul dinamiese talente weer gebruik kon word.” Die eindresultaat was Starrstruck. Kunstenaars sal deur middel van ons e-platform hul kaartjies aanlyn aan ondersteuners kan verkoop. Starrstruck werk saam met kunstenaars om ‘n topgehaltevertoning saam te stel, terwyl Starrstruck hulle verder help met kaartjieverkope en bemarking.

Die wêreld het gewoond geraak aan stromingsdienste en –konserte tydens die grendeltyd. Dinge moet nou weer real word. Starrstruck se geheim lê daarin dat hul vertonings voor ‘n lewendige gehoor gehou sal word. “Ons wil persoonlike aandag terugbring na die vermaaklikheidsindustrie,” vertel Smit verder. Slegs een kunstenaar sal elke aand optree en klein, intieme vertonings aanbied wat regstreeks uitgesaai sal word. Dit sal verseker dat vertonings nie net deur Suid-Afrikaners nie, maar ook deur wêreldwye gehore geniet kan word.

Starrstruck is baie opgewonde daaroor dat Multi-media as ‘n vennoot vir hul tegniese ondersteuning gaan gee. Hulle is onder andere bekend vir hul professionele betrokkenheid by The Voice. Die stel sal ‘n volledige, professionele ervaring bied vir hul kunstenaars met ‘n aantrek- en akteurskamer daarby ingesluit. Dit word afgerond met kaartjieverkope namens die kunstenaar, en ‘n ongelooflike produk wat die kunstenaar se talente ten toon stel.

Die eerste seisoen – wat later in September afskop, sal kunstenaars insluit soos PJ Powers, The Mzanzi Youth Choir, Armand Joubert, Tussen Sterre, Pienaar Lochner, Martin Bester, Lizz Meiring, Skwatta Kamp, Thabsie en Rocco de Villiers. ‘n Wye verskeidenheid, fantastiese vermaak!

Ons hoofdoel by Starrstruck is om ‘n betroubare naam vir die plaaslike mark te bring. Ons wil fokus op die essensie van verskeie vermaaklikheidsvorme en wil sodoende kunstenaars en hul aanhangers op ‘n beter manier saambring, nou en ook in die toekoms,” vertel Fish.

Volg Starrstruck gerus op sosiale media en op hul amptelike webblad om so op hoogte te bly van hul idees, verrassings en bedrywighede. Kunstenaars wat belangstel om op hul verhoog op te tree, kan Starrstruck kontak by [email protected].

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram