fbpx
Vergewe én vergeet, sing Vandiét in nuwe enkelsnit

Vergewe én vergeet, sing Vandiét in nuwe enkelsnit

Ons moet Vergewe én vergeet, sing Vandiét in nuwe enkelsnit. In haar splinternuwe enkelsnit, Vergewe, sing Vandiét oor vergifnis en beklemtoon sy dat om volkome te vergewe, móét jy jouself van die situasie vryspreek. Dié veelsydige sangeres, liedjieskrywer en aktrise stel nou na vier jaar in die vermaaklikheidsbedryf haar nuutste enkelsnit vry. Vergewe is die nuutste enkelsnit van Vandiét wat nou deur musiekliefhebbers geniet kan word.

Vandiét Vergewe Enkelsnit Omslag

“Ek het die liedjie self geskryf na ek ook in ’n situasie was waarin ek moes vergewe het, maar die seer nog skerp gesny het as ek daaraan gedink het. Dit het baie dissipline geneem om werklik te laat gaan en op te hou praat daaroor,” het Vandiét vertel.

“Ek het egter geleer om te aanvaar wat gebeur het en die gepaardgaande emosies laat gaan. Eers toe ek dít oorwin het, het ek besef ek het werklik vergewe,” verduidelik sy.

Dit was dié proses wat haar geïnspireer het om daaroor te skryf en só is Vergewe gebore.

“Ek wou met dié liedjie die proses aanspreek want ek weet soveel mense ervaar dieselfde warboel emosies as dit kom by vergifnis en het hom juis gekies as die eerste vrystelling omdat hy ’n lekker ritme het,” het sy opgewonde vertel.

Die musiekvideo is by Vandiét se huis in Hoekwil verfilm. Sy verklap dat in dié video wil sy die dieper boodskap uitdra en beeld iemand uit wat vergewe en nie vergeet nie. Op die einde is daar oorwinning oor die seer en kan daar weer geleef word – te danke aan ’n volkome vergifnisproses.

Vandiét se eerste musiekvideo, vir haar enkelsnit Tyd sal Leer, is in 2016 vrygestel en sy het ook rolle vertolk in Koringberg, Sielspieël en verskeie kortfilms en verhoogstukke. In 2010 is het sy die toekenning vir Beste Vroulike Hoofrol, vir haar rol in Sielspiël, tydens die Horror Festival in Kaapstad ingepalm.

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Instagram