fbpx
Taye Brink inspireer met musiek en liriek

Taye Brink inspireer met musiek en liriek

Taye Brink het haar unieke verhoognaam te danke aan haar skoolmaats wat toe reeds gesien het dié nooi van Boksburg is bestem vir die verhoog.

Van jongs af het Taye haar oog al op ‘n musiekloopbaan gehad. “Die lirieke en musiek van kunstenaars het my soveel geïnspireer, dat ek besluit het dít is wat ek wil doen.” Sy het die daad by die woord gevoeg en in 2014 ingeskryf vir ‘n Amerikaanse Showcase wat haar gelei het tot in Florida om daar voor verskeie belanghebbendes in die musiekbedryf op te tree.

Haar eerste album, Stronger than Ever, is in 2015 vrygestel en die titelsnit is geskryf om dié sonder hoop te inspireer om hul drome te herbou. Hierna het sy nog twee Engelse enkelsnitte uitgereik voor sy haar fokus na Afrikaans verskuif het.

Alhoewel Taye gemaklik verskeie musiekstyle kan sing, word haar musiek gekenmerk deur Pop Rock, Jazz en Blues klanke. Sy erken egter sy het ‘n groot voorliefde vir Country Musiek en plaas tans haar konsentrasie op moderne country en pop country.  

Hierdie talentvolle musikant het haar eerste Afrikaanse enkelsnit WAT AS (geskryf deur Hugo Ludik) in 2018 vrygestel. Vroeër vanjaar het sy haar tweede Afrikaanse enkelsit, OOR DIT, (geskryf en vervaardig deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner) uitgereik.

https://open.spotify.com/album/4Z0CD9u5C50Br1ysHTrIRk?si=EGE3mQyPQOm2yRKxwP0qiA

Sy werk tans ook aan ‘n musiekvideo vir die liedjie en het reeds ‘n volgende enkelsnit in die pyplyn wat deel gaan wees van haar tweede album.

Sy is verder besig met haar studies in kindersielkunde waar die gebruik van musiek groot voordele kan inhou. “Ek wil my musiek inkorporeer op ‘n mediese vlak vir gestremde kinders.” Taye bied ook sanglesse aan en beplan om binnekort ‘n meester te wees op die kitaar waarvan sy drie besit.

Dié onafhanklike kunstenaar gebruik haar musiek en lirieke as ‘n boodksap aan luisteraars. Sy put haar inspirasie uit die musiek van Carrie Underwood, Miranda Lambert, CAM, Dolly Parton en Elvis.

Taye se raad aan jong kunstenaars is om positief te bly in jou loopbaan, want jy weet nooit of jy ‘n verskil aan iemand anders se lewe gaan maak nie. “Groot drome is nooit onbereikbaar nie. Werk hard en moet nooit moed opgee nie.” Taye se musiek is beskikbaar op Itunes, Joox en CD Baby. Vir optredes kan haar bestuurder, Charlain Ferrreira, gekontak word.

Sosialemedia:

Facebook, Instagram, Twitter
E-posadres: [email protected]

Besprekings:

Bestuurder – Charlain Ferreira – 072 551 2686

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui