fbpx
AriSquad, luister – AJ se album is amper hier!

AriSquad, luister – AJ se album is amper hier!

Die 23-jarige AJ (Armand Joubert) hou behoorlik die mense aan die praat. Nie net is hy onlangs aangewys as “Best male contemporary vocalist of the world” tydens 2019 se WCOPA nie, maar hy stel ook eersdaags sy nuwe album vry.

Dié langverwagte album is tans beskikbaar vir voorafbestellings op iTunes en as jy nou spring, sal jy ook die eerste enkelsnit, WHAT DOESN’T KILL ME BETTER RUN, in jou speellys ontvang.

Die album getiteld YOU ARE TOO THEATRICAL sal beskikbaar wees vanaf 16 Augustus 2019. 

Sedert sy verskyning op The Voice het mense gou verlief geraak op AJ se vyfoktaafstem, sy styl en sy energieke optredes.

AJ se musiek het ook reeds die nommer een posisie ingeneem op talle radiostasies se trefferparades, insluitende JacarandaFM en 5 FM. 

Hou AJ se sosialemedia (Facebook en Instagram) en Plectrum dop vir meer inligting oor hierdie opwindende vrystelling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui