The Current War in plaaslike fliekteaters dié naweek!

The Current War in plaaslike fliekteaters dié naweek!

THE CURRENT WAR is ’n gestileerde historiese drama, met ’n vloeiende storielyn wat ondersteun word deur pragtige kinematografie en ’n gepasde klankbaan.

Alhoewel dit bietjie insae gee oor die laat negentiende eeuse stryd tussen Thomas Edison en George Westinghouse om die kragnetwerk te beheer, bied die film meer as dit. Dit is ’n inspirerende verhaal oor baanbrekerswerk wat die toekoms vir almal verander het en open op Vrydag, 26 Julie 2019 in plaaslike fliekteaters.  Die rolprent word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

Alfonso Gomez-Rejon (regisseur) en Martin Scorsese (uitvoerende vervaardiger) was aan die stuur van hierdie prent wat gaan oor Thomas Edison (Benedict Cumberbatch), die bekende uitvinder wat saam met JP Morgan (Matthew Macfadyen) op die punt is om Manhattan van elektrisiteit te voorsien met sy radikale nuwe gelykstroomtegnologie. 

Die intense kompetisie tussen Thomas Edison en George Westinghouse is die inspirasie agter THE CURRENT WAR en vertel die epiese verhaal van dié titaniese stryd wat letterlik die moderne wêreld ‘verlig’ het. 

Op die vooraand van Thomas Edison se oorwinning, word sy planne in die wiele gery deur die charismatiese besigheidsman, George Westinghouse (Michael Shannon). Saam met die legendariese wetenskaplike Nikola Tesla (Nicholas Hoult), hier nog jonk en onervare, ontdek hul fatale foute in Edison se gelykstroomontwerp.

Vasgevang in ’n elektriese oorlog, plaas Westinghouse en Tesla alles op die spel met ’n gevaarlike en gewaagde idee oor hoe om Amerika vinniger van krag te voorsien in die vorm van wisselstroomtegnologie.

Vyandigheid kook oor en eis lewens soos wat die opwindende wedywering, op ’n wêreldveranderende skaal, afspeel.

Soos wat Edison en Westinghouse veg vir die reg om die 1893 Wêreldskou in Chicago van krag te voorsien, veroorsaak hulle ook een van die grootste korporatiewe geskille in die Amerikaanse geskiedenis. So skep hulle ook die platform vir toekomstige besigheidsmagnate om al die reëls te breek. 

LYS VAN TEATERS:

SterKinekor:

Johannesburg                      Bedford Square

Cape Town                          Blue Route

Pretoria                               Brooklyn Nouveau

Johannesburg                      Cresta

Durban                                Gateway Commercial

Johannesburg                      Rosebank Nouveau

Cape Town                          Tygervalley

Cape Town                          V & A Nouveau

Nu Metro:

Johannesburg                      NM Hyde Park

Pretoria                               NM Menlyn Park

Durban                                NM Pavilion

Cape Town                          NM V&A Waterfront

Independents:

Pretoria                               Epic Mall@Reds

Bloemfontein                      Epic Northridge

Cape Town                          Labia Orange St.

Pietermaritzburg                Midlands Cine Centre

Johannesburg                      Movies@Monte

Durban                                Suncoast Cine Centre

Hermanus                           Whale Coast Theatre

SOSIALE MEDIA

Vir meer inligting oor THE CURRENT WAR, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #CurrentWarFilm_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram

Leave a Reply