@The Beach Bar – Groter en beter strand!

@The Beach Bar – Groter en beter strand!

Die strand is weer oop by @The Beach Bar en die gewilde kuierplekke in Pretoria-Oos, spog nou met ’n groter en beter strand. @The Beach het aangekondig dat besoekers aan dié restaurant kan uitsien na ’n nuwe ervaring as hulle na afloop van die afgelope paar maande se inperking, as gevolg van Covid-19, daar kuier.

Die amptelike opening van die opgeknapte @The Beach het op Saterdag, 17 Oktober, plaasgevind.

“Ons kon nie wag om die nuwe @The Beach aan al ons lojale ondersteuners bekend te maak nadat ’n hele paar aanpassings aangebring is en uiteraard ‘n splinternuwe Beach bar gebou is,” het Nadine Rynners, hoof uitvoerende beampte van @The Beach, opgewonde vertel.

’n Uitgebreide kinderarea wat die kinders se veiligheid eerste stel, is deel van die opknappings asook ’n paar ander verrassings. Groter en beter as ooit vantevore – alle golwe sal lei na @The Beach.

“Na afloop van die inperkings en die uitdagings wat die Covid-19-pandemie aan ons gestel het, het ons besluit dit is nou die regte tyd om alles in te sit om uit te staan bo die res,” het Rynners gesê.

Die BBP bekendstellingsfunksie , op 16 Oktober, was die eerste onthulling aan genooide gaste wat rolspelers in die vermaaklikheidsbedryf en mediawêreld ingesluit het. Bekendes soos Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Victor Matfield, Bernice West, Angelique Gerber, Irene-Louise van Wyk, Danny Smoke, Robbie Kruse, Rubber Duc, Francois van Rensburg, Danny Painter, Annelie Bouwer, Angel de Lange, Pierre Nel, Fatman, Juandre Kruger, Emma Ellis, Corniel Els en talle meer het die glansgeleentheid bygewoon.

Vanaf Saterdag, 17 Oktober, kon die publiek die nuwe geriewe geniet en belangstellendes kon al van vroeg af arriveer om te verseker dat hul eerste gehelp sal kan word met die aantal beskikbare tafels om aan die inperkingsmaatreëls te gehoorsaam.

“Ons geliefde vis- en sushi disse waarmee die publiek ons leer ken het, sal natuurlik ook nogsteeds op die spyskaart beskikbaar wees tesame met ’n hele verskeidenheid mengeldrankies – ou gunsteling én nuwe toevoegings,” het Rynners bygevoeg.

Die seesand, wat een van die hoogtepunte is en bydrae tot dié restaurant se unieke atmosfeer, sal nogsteeds deel van dié restaurant wees om by te dra tot die sonnige strandervaring. Moderne afwerkings, toerusting en unieke aanbiedings eie aan @The Beach, vorm deel van die rustige atmosfeer. Dié restaurant is nou ook weerbestand en gaste kan gedurende enige seisoen die ervaring van @The Beach geniet.

@The Beach is ook vanaf Dinsdae tot Donderdae vir privaatfunksies, geleenthede en produkbekendstellings beskikbaar.

Vir meer inligting kan die publiek ’n e-pos stuur aan [email protected].

Webblad: https://iatthebeach.co.za/