fbpx
Tiaan Massyn – THE CROSSING

Tiaan Massyn – THE CROSSING

Afrikaanse sanger, kranige sakeman en onlangs gekroonde Mnr. Suid-Afrika, Tiaan Massyn, het sy nuwe enkelsnit getiteld THE CROSSING uitgereik. Hierdie inspirerende lied, oorspronklik geskryf deur die legendariese Johnny Clegg, is ‘n liefdevolle eerbetoon aan ‘n ikoon van die Suid-Afrikaanse musiekkultuur.

Tiaan deel sy gevoelens oor die voorreg om een van Johnny Clegg se liedjies te sing: “Dit is vir my so ‘n groot voorreg om een van Johnny Clegg se liedjies te sing. Hy is een van my gunsteling kunstenaars gewees en THE CROSSING een van my gunsteling liedjies.”

Die vervaardiging van hierdie enkelsnit het ‘n span van toegewyde musikante ingesluit, met Hugo Ludik en Brendan Ross Campbell aan die stuur van die produksie.

Oor sy besluit om hierdie spesifieke liedjie op te neem, het Tiaan gesê, “Die lied het ‘n pragtige boodskap van hoop, eenheid, en beklemtoon die moed en krag wat tevore kom wanneer mens die beproewinge van die lewe in die gesig staar. Dit bring ook Suid-Afrika se diversiteit na vore en ons pragtige kulture. Dit verenig ons as Suid-Afrikaners, veral nou dat ons sterker saam staan as nooit tevore en trots is op ons land.

Tiaan is optimisties oor hoe die publiek die nuwe enkelsnit sal ontvang en het gesê, “Ek dink die publiek gaan baie van die lied hou. Ons het probeer ‘n moderne tint aan die lied gee en is baie bly oor die resultaat.

Die vrystelling van THE CROSSING beloof om ‘n spesiale oomblik te wees ter ere van Johnny Clegg se nalatenskap en ‘n viering van Suid-Afrika se ryk musiekerfenis.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram