fbpx
Ultimate Aim Sports Pavilion maak hierdie naweek deure oop!

Ultimate Aim Sports Pavilion maak hierdie naweek deure oop!

Foto: Nadine de Waal

Vandat die media en uitsoekgaste op 16 Mei kennis gemaak het met Jo Black en Albie Morkel se nuwe venue by Breedstraat 622, Montana in Pretoria, kan gesinne nie meer wag om self ’n uitstappie na hierdie oulike plek te ervaar nie.

Op 31 Mei 2019 word die Ultimate Aim Sports Pavilion en The Bearded Butcher amptelik geopen en die eienaars (Jo Black, Albie Morkel, Bierman Smit, Nico Liebenberg, Michael de Jongh en Wynand van Zyl) kan nie meer wag om hierdie sport- en vermaaksentrum met besoekers te deel nie.

Die publiek voel blykbaar dieselfde oor die saak, want kaartjies vir die openingsgeleentheid – wat ’n ete en Jo Black-vertoning insluit – het binne slegs ’n paar ure uitverkoop nadat dit op iTickets vrygestel is en almal tel nou letterlik die dae af totdat hulle self kan gaan sien wat hierdie uitsonderlike venue vir klante wil bied.

Diegene wat nie betyds was om kaartjies vir die openingsaand te koop nie kan steeds deel wees van die opwinding, want die hele naweek gaan propvol vermaak, kompetisies en spesiale openingsaanbiedinge wees.

Foto: Nadine de Waal

Op Saterdag 1 Junie kan gholfgeesdriftiges hulle vaardighede kom ten toonstel op een van die gesofistikeerde hoë-definisie gholfsimulators en nog boonop die kans staan om met heerlike pryse weg te stap, waaronder ’n 2019 VW Polo TSI Comfort Line vir die persoon wat ’n hole-in-one slaan, asook gholfstokke en -bykomstighede ter waarde van R3 000 as jou bal die naaste aan die vlaggie beland! Inskrywingsgeld is R100 vir drie probeerslae.

Een begaafde boogskutter kan ook ’n boog wen ter waarde van R16 995 as hulle die versteekte kol agter op die gelukkige teiken raakskiet. Dis kos R100 vir vier skote. Deure sal oor die naweek om 09h00 open en besoekers kan ook regdeur die dag smul aan die lekkerste uitsoekgeregte en drinkgoed by The Bearded Butcher. Kinders sal veilig besig gehou word in die kindervermaakarea.

Jo Black se vertoning is maar net die eerste van ’n propvol vermaakskedule wat vir die volgende paar weke beplan word en mense kan uitsien na vertonings deur die volgende talentvolle sterre op die teater-restaurant se verhoog:

7 Junie – Dewald Wasserfall
14 Junie – Appel
16 Junie – ADAM (Vadersdag:  Middag-vertoning 12h00)
27 Junie – Schalk Bezuidenhout
3 Julie – Spoegwolf

Konserte sal om 20h30 begin, maar gaste sal reeds vanaf 19h00 hulle etes kan geniet en besprekings kan vooraf gemaak word by [email protected]

The Bearded Butcher gaan verskeie vorme van die kunste na die verhoog bring; van musiek tot verhoogproduksies (met aansitetes) en selfs komediantvertonings. Die kombuis gaan beman word deur die bekende kykNET Kokkedoor-finalis, Linde Watson Graaff, wat ook haar eie kookprogram op SABC 2 het en die spyskaart gaan bestaan uit uitsoekgeregte wat uniek is aan die restaurant met sy rustieke dekortema.

Foto: Nadine de Waal

Die restaurant-area is vir diegene wat rustig wil eet, terwyl drankies en Tapasborde (met ’n eg Suid-Afrikaanse aanslag) in die Tapaskroegarea bedien sal word vir klante wat ’n minder formele kuier verkies. Eksklusiewe BBP-bokse, met gemaklike rusbanke, sal ook aan die bokant beskikbaar wees. Die verhoog sal vanuit elke area gesien kan word.

Die Ultimate Aim Sports Pavilion word besit deur drie maatskappye (AJAR, Ultimate Aim Group en The Bearded Butcher) met verskeie aandeelhouers en bied buiten gholf, boogskut en vermaak ook ’n winkel met verskeie gholftoerusting, krieketnette, ’n visvangwinkel en vele meer en hoop dat dit dié plek sal word waar gesinne, families en vriende vir die dag kom ontspan.

Binnekort gaan hierdie gesinsvermaaksentrum in Gauteng ’n gewilde bymekaarkomplek wees vir oud en jonk – nie net omdat daar soveel is om te doen vir verskillende persoonlikhede nie, maar ook omdat die vriendelike en gesellige atmosfeer hulle so tuis laat voel dat hulle weer-en-weer sal terugkeer.

SOSIALEMEDIASKAKELS

ULTIMATE AIM

Facebook: https://www.facebook.com/ULTIMATEAIMGROUP/
Instagram: @ultimateaimgroup
Twitter: @Ultimate_Aim
Webblad: www.ultimateaim.co.za

Instagram: @ultimateaimgroup
Twitter: @Ultimate_Aim
Webblad: www.ultimateaim.co.za

THE BEARDED BUTCHER

Facebook: https://www.facebook.com/BeardedButcher8/
Instagram: @BeardedButcher8
Twitter: @BeardedButcher8
Jenny Prinsloo: 064 680 2088 / [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui