fbpx
Die Melktert Kommissie is terug na 10-jaar.

Die Melktert Kommissie is terug na 10-jaar.

`n Nuwe tert-tune het sopas die lug gesien en dit is die eerste een sedert 2009. Die Melktert Kommissie is na al die jare steeds ‘n hegte 4-stuk familie wie se liefde vir musiek nog net so hard brand soos 17-jaar gelede toe hulle die eerste Rockspaaider kompetisie gewen het.

Die nuwe liedjie is getiteld “Weier”, en in egte Melktert styl raak die terte nie die volroom rock-pad byster nie.

Die Melktert Kommissie – Weier

Skrywer en hoofsanger Lucinda Neethling som die betekenis van die liedjie op in een sin: “Tydens ‘n onderonsie is dit moeilik om te sê wat jy voel en maklik om te sê wat jy nie moet nie – woede maak mens dom.”

“Ons wou hê die song moes voel soos ‘n oorspronklike Melktert Kommissie liedjie. Ons het alles in die studio so live en rou as moontlik probeer opneem. Ons het produce saam met ou skoolvriend en Willim Welsyn baskitaarspeler, Gerhard Grobler asook Benjamin Hound wat die voorsanger van Dogtown was en ook nou vir die Willim Welsyn band speel. Hulle het dadelik ingekoop in die ‘keep it simple’ idee en ons is baie trots op die resultaat,” sê drummer Jan-Adriaan Korff oor die vervaardiging van die liedjie.

https://open.spotify.com/track/2aX0aF87MxOo6t10SRuhMK?si=VsEZPwZQS86by7b8o3Q_FQ

On being back in the studio bassist Tim van der Westhuizen says: “It’s always great being back in the studio environment, it’s a time where you can really experiment creatively and test ideas. We took a slightly different approach this time by splitting up our time in studio to accommodate for everyone’s normal work schedules.”

Hoekom ‘n nuwe song na al hierdie jare? Kitaarspeler Jean-Marie Korff verduidelik: “Lucinda het nog nooit ophou skryf na al die jare nie, en ons almal het nog altyd gevoel ons wil weer musiek produce en uitgee, dit was net ‘n kwessie van timing. Met Lucinda in Pretoria en die res van ons in die Kaap is dit nogals tricky, maar ons maak dit werk want ons wil.”

As jy `n aanhanger is en wil graag een van hul volgende optredes bywoon kan jy dit doen op hierdie dae:

Gigs:

6 en 7 Junie
Die Boer, Durbanville
Tyd: 20:30
Kaartjies: R145
Besprekings: 021-979 1911 of www.dieboer.com

14 Julie
Bands for Bricks, Sun Arena, Pretoria
Saam met: Klopjag, Piet Botha, Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Jan Blohm, Gian Groen, ddisselblom, Roan Ash, Tidal Waves, Jonathan Martin, Hemelbesem, Joe Foster, Appel en Bottomless Coffee Band.
Tyd: 12:00
Kaartjies: R350 by https://itickets.co.za/register/new/423742?

28 Julie – Acoustic show
Marianne Wine Estate, Stellenbosch
Tyd: 15:00
Kaartjies: R80
Besprekings: 021 875 504 / [email protected]

Volg die Melkterte graag op sosialemedia:

Facebook

Vir meer inligting:

E-pos: [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui