fbpx
“Vyf Minute” saam met ShoNeill

“Vyf Minute” saam met ShoNeill

ShoNeill het al vroeg op laerskool met haar sangloopbaan begin waar sy gereeld aan sangkompetisies deelgeneem het. Na haar matriekjaar het sy die besluit geneem om `n suksesvolle kunstenaar te wees.

Na die sukses van haar eerste album is sy terug met `n splinternuwe enkelsnit “Vyf Minute“.

Die lied is geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Dirk van Niekerk en beloof om jou aandag te trek sodra jy dit op die radio hoor speel.

Die ligte popliedjie sal ou-aanhangers weer opnuut opgewonde maak en so-ook nuwe ore in haar rigting laat draai.

Die lirieke vertel van die oomblik voor jy iemand vir die eerste keer soen.

https://open.spotify.com/track/5BvYnCEcNshkrfwQ5REYwp?si=_LJYZHQsR_C-OOh7HEjGWQ

Vorige treffers van ShoNeill sluit in: “Agter die deur” wat tans op 34 Radiostasies speel, “Ek het jou lief” en “Vas dans” (word onder die top 26 geplaas vir die KykNet Afri-Visie Kompetisie).

Met musiekvideos op talle kanale en musiek op menigte kompilasiealbums is dit duidelik dat ShoNeill nie `n “One-hit-wonder” is nie.

ShoNeill se album, “Nooit of Nou” (wat in 2014 vrygestel is), bevat agt oorspronklike liedjies waarvan sy alles self geskyf het asook ‘n paar Engelse “cover songs”.

https://open.spotify.com/album/6Yr57c6XUhrDgoSAebwK2C?si=69gmZ6bQRw6s63KVqzCXew

Die aanvraag op ShoNeill se energieke musiek en optredes het baie vinniger toegeneem as verwag.

Wees op die uitkyk vir ShoNeill!

Kom meer te wete oor ShoNeill:

Web: www.shoneill.co.za
Epos: [email protected]
Tel: 081 343 3357 / 071 291 2123
Facebook

Publisiteitnavrae:

Heinrich Goss
071 834 4425
[email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui