fbpx
Wilco – TITANIC

Wilco – TITANIC

Wilco begroet die Afrikaanse musiekbedryf met sy eerste enkelsnit, getitel TITANIC, en anders as die tragiese liefdesverhaal van Jack en Rose uit die bekende skeepswrak-fliek, beloof hierdie enkelsnit se verhaal ‘n liefde wat nooit sal sink nie.

Titanic is ‘n Afrikaanse “pop”-treffer wat die storie vertel van daardie alombekende gevoel van nuwe liefde en die onsekerheid wat daar in die begin van ‘n verhouding te vind is.

Dit speel dan ook op die belofte dat soos tyd aanstap en die band sterker word, dit ook kan lei tot ‘n ikoniese liefde. Net soos die verhaal wat in daardie bekende film van 1997 vir ons geskets is.

Titanic is uit die talentvolle penne van Adam se Hugo Ludik, asook Posduif en Rubber Duc se Nick Jordaan. Die snit is dan ook opgeneem en vervaardig by Ludik se opname-ateljee, Muse Studios in Randburg, Johannesburg.

Wilco begroet die Afrikaanse musiekbedryf met sy eerste enkelsnit, getitel TITANIC, en anders as die tragiese liefdesverhaal van Jack en Rose uit die bekende skeepswrak-fliek, beloof hierdie enkelsnit se verhaal ‘n liefde wat nooit sal sink nie.

Met dié snit beoog en hoop Wilco om aanklank te vind by beide jonk- en ou liefde; om vir die jong liefde te wys dat selfs al is daar twyfel in die begin, mens steeds ook jou eie sprokie kan hê deur om sterk te staan en om aan te hou veg vir mekaar.

Dán vir die luisteraars met ‘n ou-liefde sê Wilco ook: “Julle het dit! You’ve made it!”, dat daardie ouer liefde vir mekaar groter is as die oseaan, hou aan glo dat jou skip nooit sal sink nie.

Nie net belowe TITANIC om luisteraars se voete behoorlik aan die brand te hê op die dansvloer nie, maar dit beloof om ook ‘n dieper betekenis te behou vir dié musiekliefhebbers wat graag twee keer na die lirieke sal wil luister en die woorde sal wil inneem.

Wilco belowe ook om met sy toekomstige snitte daardie Dopamien – of altans die goed-voel-hormoon oor tyd te laat afskei in elke luisteraar deur middel van sy musiek.

Teenstrydig van meeste “normale” kunstenaars se verhale het dié talentvolle sanger glad nie gedink dat hy eendag in die musiekbedryf sou opeindig nie.

“Ek wou as kind ‘n werk hê waar ek “suits” dra en met ‘n aktetas rondloop soos ‘n prokureur. En alhoewel ek goed gevaar het met redenaars en debatte, het my musikale wortels al hoe meer begin kop uitsteek.”

Wilco kom ook uit ‘n musikale familie wat geseën is met sangers en instrumentaliste – van daardie familielede is selfs ook vandag doenig in die musiek industrie. Dit is dus geen wonderwerk dat musiek al van kleins af ook in Wilco se are loop,al het hy dit vir lank onderdruk.

Stelselmatig het diemusiek-gogga hom behoorlik gebyt en sit hy dus nou vandag hier waar hy is, met sterre in sy oë vir ‘n hoopvolle toekoms in die industrie.

Alhoewel TITANIC Wilco se eerste enkelsnitvrystelling is, is hy geen vreemdeling as dit kom by optree op ‘n verhoog nie. Wilco is al doenig in die musiekbedryf vanaf 2005, en het dan ook begin optree by groter geleenthede teen die jaar 2015. ‘n Hoogtepunt van sy loopbaan tot en met vandag was wel toe hy in 2021 by die “Spring Festival” wat deur sy kerk groep aangebied is, die geleentheid en voorreg gehad het om die verhoog saam met Jo Black te deel! Wilco is vir die afgelope 5jaar die “Creative Director” asook Musiek Leier van sy kerk, AGS Herlewingsentrum.

Buite sy musiekloopbaan is Wilco ook steeds opgelei in ander aspekte van die kunste. Hy het drama studeer by Performing Arts Lifestyle Institute (PALI), en indien hy ‘n beroep buite musiek moes kies sou dit dan natuurlik wees om op die kassie te verskyn! Bo en behalwe dit, as gevolg van sy vermoë om ‘n funksie behoorlik te kan
beplan, glo Wilco ook dat hy heel goed as ‘n koördineerder sou vaar.

Kyk uit vir hierdie talentvolle en veelsydige kunstenaar, hy mik en belowe om nog groot golwe – die grote van ‘n Titanic, natuurlik – te maak in die bedryf.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, TikTok