fbpx
Wit Kasteel – Nog Een

Wit Kasteel – Nog Een

Wit Kasteel se nuwe enkelsnit, NOG EEN, gaan jou sommer vinnig in ‘n goeie bui sit en lus om bietjie te kuier saam met vriende en familie. Die liedjie volg na die vrystelling van hulle álbum en twee populêre enkelsnitte, TOEGEWYD en HERINNERING in 2020.

Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep, Wit Kasteel, staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ‘n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook twee baie populêre enkelsnitte, Toegewyd en Herinnering

Natuurlik was daar tydens die grendeltydperk, maar min geleenthede vir samesyn en lekker kuier, maar musiek het altyd ‘n manier om almal bymekaar te bring en daarom is hulle volgende enkelsnit, NOG EEN, perfek gepas vir hierdie tyd waarin ons onsself nou bevind.

NOG EEN is ‘n lekker voelgoed, kuier-liedjie, wat gebasseer is op die bekende woorde van daaí een vriend wat altyd kans sien vir nog een“Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ‘n Afrikaanse tema-lied vir ‘n lekker kuier, hetsy braai of ‘n aand uit saam met jou vriende”, vertel Reinard Kruger, baskitaarspeler vir die groep. 

Die vier manne van Wit Kasteel het self die lied geskryf, in samewerking met Hugo Ludik (ADAM/Muse Studios), asook Nick Jordaan (Rubber Duc). Die liedjie is vervaardig deur Hugo Ludik en Amiel Gopal van Muse Studios.

Wit Kasteel het ook ‘n vrolike lirieke musiekvideo gemaak.

Die groep bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler).

Wit Kasteel met hulle unieke klank is gereed en baie opgewonde om landswye vertonings te hou, noudat die inperking effens gelig is en wat is beter as om dit af te skop met NOG EEN!

NOG EEN is beskikbaar op hulle album Toegewyd. Laai dit hier af:

https://smarturl.it/Toegewyd-DieAlbum

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook, Instagram, Twitter, YouTube

Webblad:www.witkasteel.co.za