fbpx
WIT & SWART – Emil Paul & Charlize Berg

WIT & SWART – Emil Paul & Charlize Berg

Emil Paul en Charlize Berg se kragduet, WIT & SWART, vertel die storie van ‘n kleurvolle liefde wat weg wil beweeg van die norm – die wit en swart.

Die duet kan gesien word as ‘n lied wat vertel van hoe kleurryk liefde kan wees, en hoe mooi en lewendig die lewe is wanneer jy daardie spesiale persoon gevind het waarmee jy die “kleure” kan waardeer.

Dié snit is geskryf deur Emil en is ook deur homself en Brendan Cambell vervaardig. Beide dien as vervaardigers verbonde aan Muse Studios. Muse Studios is veral bekend vir treffers soos: WITBLITS, IMPULSIEF, BOKSWYN en vele meer.

WIT & SWART kan beskryf word as ‘n opgewekte liedjie wat beloof om veelsydigheid aan ‘n wye verskeidenheid luisteraars te bied. Dit maak voorsiening vir diegene wat se voete jeuk en diegene wat wil dans.

Alhoewel die lied ‘n ligte weergawe aangebied word, sal luisteraars steeds ‘n dieper en betekenisvolle boodskap in die lirieke vind. Dit was juis die lirieke wat Charlize getrek het om die duet saam met Emil op te neem.

“Hierdie is ‘n baie spesiale lied en dis vir my soveel pret en voorreg om dit saam
met Emil te kan sing as ‘n duet.”

“Ek wou ‘n lied skryf wat mens se vokalevermoë uitdaag. Dit was ‘n gegewe dat daar nie ‘n beter sangeres as Charlize Berg is om dit saam met my aan te pak nie.”, vertel Emil.

Die lied word vandag uitgereik saam met ‘n musiekvideo wat die tema van die lied in kleurvolle styl vertel. Die video is vervaardig deur Gerduan Kemp. Die video is by Sowaar Studios in Pretoria geskiet, en beloof om ‘n visueel vermaaklike uitbeelding te wees van presies wat die liedjie wil vertel.

Beide sangers is solo-kunstenaars in hul eie reg.

As Charlize ‘n loopbaan buite die musiekbedryf moes kies, sou sy antropologie kies!
Sy erken dat sy lief is vir geskiedenis en mense, en vind hierdie veld baie interessant!

Musiek bly egter Charlize se eerste liefde, en haar standpunt bly die volgende:
“Meer musiek! Altyd musiek!”.

‘n Boodskap wat sy ook graag sou wil oordra is om aan te hou om jou droom te jaag,
maak nie saak hoeveel keer jy val nie. “Mense se woorde is net dit – woorde. As iemand nie met jou saam stem nie is dit okei, en ander se negatiwiteit definieer jou nie.”

Charlize beoog om baie nuwe musiek vry te stel, terwyl Emil daarna streef om sy studies in Sielkunde te voltooi. Hy werk hard daaraan om terselfdertyd ook met sy eie musiekloopbaan voort te gaan.

Ongewone feite van die twee is dat Charlize altyd sokkies dra. Altyd! En Emil kan nie enige kos op ‘n “normale” manier eet nie. Dit sluit in dat hy die vulsel van pizza eerste eet en daarna die kors apart, hamburgers eet hy laag vir laag en sal selfs melk by sy Coca-Cola ingooi.

SOSIALE MEDIA:

Email Paul

Facebook, Instagram, TikTok

Charlize Berg

Facebook, Instagram