fbpx
Ronatan – Turning Tide

Ronatan – Turning Tide

Ronatan is terug met sy nuwe enkelsnit TURNING TIDE. Anders as sy vorige enkelsnit, ONDER DIE STERRE wat in Afrikaans is, het hy dié keer in Engels geskryf. 

Dié snit se klank is geïnspireer deur die atmosfeer van ʼn tipiese ‘game arcade’ uit die 80’s terwyl dit die wese van moderne en alternatiewe popmusiek behou. 

Ronatan se stem en die musiek sal jou van jou stoel af sal laat opstaan en laat dans.

Ronatan is ʼn onafhanklike kunstenaar wat daarna streef om deur sy kuns en optredes die individu te inspireer terwyl hy die skare vermaak. 

Nadat Ronatan demo’s van Jamey Love (vervaardiger) gehoor het, het hy dadelik geweet dat hy een spesifieke een wil gebruik vir ʼn lied van sy eie –  só het TURNING TIDE lewe gekry na ʼn paar sessies in die ateljee.

Ek wil hê ten minste een persoon moet na ʼn maand nog dieper dink oor hoe hy/sy geraak was by een van my vertonings as wat dit net ʼn ervaring was van ʼn goeie tyd.’

https://open.spotify.com/track/3mFaNzaN1C0igX456V34Ij

Hy sê verder, ‘Turning Tide is vir die individue wat hulle hele lewe lank terughou om hulle beste te gee en te doen as gevolg van vrees – vrees wat opgewek is deur stemme wat sê hulle is nie goed genoeg nie, nie iets werd nie – en om uiteindelik teen dié vrees te draai.’ 

Die meerderheid van sy gepubliseerde en opkomende musiek bevat dié tipe positiewe boodskappe. Dis ʼn tema waarmee baie kan identifiseer net soos die honderde liefdesliedere daarbuite.

TURNING TIDE is beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. 

Sosiale media:

Facebook, Instagram

Besprekings:

[email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui