fbpx
Plectrum Top 40 – Week 14

Plectrum Top 40 – Week 14

Hierdie week op die Plectrum Top 40, Cheralee behou haar posisie op No 1 hierdie week met AS MÔRE KOM, dit is dié liedjie se derde week boaan die trefferlys. Eugene Nel se GENOEG IS GENOEG behou sy posisie op No 2.

Kalinka Kilian bereik haar hoogste posisie nog met FALLING wat die week al die pad na No 3 klim vanaf No 16 verlede week. MAL SAAM van Van Wyk Brand is een van drie liedjies wat weer verskyn in die Top 10 op die Plectrum Top 40, MAL SAAM is op No 4. Abel Knobel het twee liedjies in die Top 10 hierdie week met SOVEEL MEER op No 5 en MEISIE OP DIE STRAND op No 6.

Len Muller se HARTKLOP is op No 7. VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters is op No 8. Kaleidoskoop se VLUGVOETIG sak terug na No 9. Len Muller se TOEVLUG saam met Stella voltooi die Top 10 hierdie week.

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • NOG ‘N KANS van Alida op No 12
  • COLLIDE van Pierre Nel op No 27
  • BOOMBOX van Theo Nel (feat Vincent Gordon) op No 29
  • TALK ABOUT IT van Rubber Duc op No 30
  • YOU AND ME van Maricelle op No 39

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 167 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 167 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 200 435
  • Die totale nuwe kyke van die 167 liedjies hierdie week was 30 726 waarvan 26 971 behoort aan die liedjies in die Top 40.