fbpx
Musiek vir die siel en `n goeie doel.

Musiek vir die siel en `n goeie doel.

Elandre en Joe Foster bring vir jou MUSIEK VIR DIE SIEL!

Elandré is gebore in Despatch in die Oos-Kaap. Dit is hier waar hy al van ‘n jong ouderdom ‘n passie vir die kunste gekweek het.

Op die ouderdom van vier het hy reeds vir die eerste keer die verhoog betree.

Country musiek het konstant deur die huis geëggo . Die musiek van Johnny Cash , Barbara Ray en Charlie Pride is steeds blywend in selfs die nuwe skeppings van Elandré.

Een jaar na hy matriekuleer het , het Elandré verhuis na Kaapstad om ‘n loopbaan in die kunste na te jaag. Deesdae het hy al toekenings van “Beste Nuweling” en “Album van die Jaar” onder die knieg.

Joe Foster het groot naam begin maak met sy liedjie “Pad Na Jou Hart” wat vrygestel is as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuut, aan die begin van 2014. Dit na hy einde 2013 die groep ADAM verlaat het, om sy solo loopbaan af te skop en te begin werk aan sy Hartklank album.

Die “Pad Na Jou Hart” film se temalied en enkelsnit projek was ’n goeie fondasie om sy blink loopbaan op te kon bou. Hy het van toe af van krag tot krag gegaan, talle treffers geskryf vir homself, tv kanale en ander kunstenaars.

Joe Foster skep ‘n nuwe klank in Afrikaans met die vrystelling van sy solo debuut album “Hartklank” ‘n produk wat sy hele hart en siel weerspieel.

Hierdie einste album het hom die Ghoema laat wen vir Beste Pop Album deur ‘n manlike kunstenaar. Die res is geskiedenis…

Vyf jaar later doen hy dit nogsteeds. Joe vat ook die “Volgende Stap” met sy nuwe album waar hy ook Engelse enkelsnitte aanvat wat sy gehoor aangenaam verras het.

Met klawers onder die hand en mikrofoon in die hand, gaan hy vir jou kom sing want die verhoog is vir hom gemaak! Hy is plat op die aarde, en of dit nou reen of nie, gaan hy vir jou vermaak!

Saam bring hierdie 2 ongelooflike kunstenaars vir julle ’n aand van genot in musiek uit die hart uit.

Kom geniet ‘n Vrydagaand met treffers soos, PAD NA JOU HART, DIE LYN, ONE BODY en VUUR OP DIE WATER.

Die gehoor kan ook uitsien na `n voorprogram wat deur Tussen Sterre gedoen word. Hul nuwe enkelsnit “WIE JY IS” is ook deel van hul repertoire vir die aand.

Vir die eerste keer ooit, elke liewe kaartjie in die Sun Arena, maak nie saak waar jy sit, vir slegs R100. Maak seker jy is in die gehoor op 21 Junie om 19:30. Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Musiek vir die siel is `n fondsinsamelingsprojek vir Sharon Ransom wat ‘n opehartoperasie moet ondergaan.

Jy kan ook 2 x dubbel kaartjies wen na die geleentheid. Hou ons Facebookblad dop vir meer inligting.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui