fbpx
Ampie se nuwe enkelsnit is hier.

Ampie se nuwe enkelsnit is hier.

ampie val sonder jou

Ampie du Preez het geen bekendstelling nodig nie. Dié begaafde sanger, liedjieskrywer en deesdae ook finansiële-beplanner spog met treffers soos Plain Jane en Niks en Niemand wat aan hom ’n SAMA-nominasie besorg het. Nou is die sanger terug met ’n nuwe enkelsnit vir diegene wat met ’n liefdesteleurstelling worstel.

Volgens Ampie sal die meeste mense met die enkelsnit kan vereenselwig. Hy glo wanneer ’n liedjie uit jou hart kom die publiek dit sal opmerk, veral as hul met dieselfde situasie sit. “Ek dink die liedjie het groot potensiaal om ’n radiotreffer te word,” verklap die sanger. “Mense moet kan verstaan dat almal deur dieselfde tydings gaan.

’n Musiekvideo vir dié liedjie is reeds opgeneem en vervaardig deur Sean Else en speel af in ’n ou verlate psigiatriese hospitaal in Johannesburg. “Dit is in ’n ou malhuis geskiet en dit gaan basies oor hoe jou kop met jou smokkel en dat die liefde party mense so kan affekteer dat jy mal kan word en daardie persoon selfs sien al is hulle nie meer daar nie,” vertel Ampie.

Ampie, wat sy stem as ‘tydloos’ opsom, sing reeds sy lewe lank. Vanjaar is reeds sy dertiende jaar in die musiekbedryf. Hy is ’n kranige gholfspeler, partytjiegeesdriftige en studeer steeds.

Ampie vertel dat hy musiek skryf oor dit wat op daardie oomblik in sy lewe gebeur. “Ek skryf maar meestal ware gebeurtenisse.

Hy sal graag in die toekoms saam met kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke of Dewald Wasserfall wil werk en skryf. Die sanger is mal oor country en iemand soos Keith Urban is ’n groot inspirasie.

Wanneer hy egter nie musiek verder kan bemeester nie, sal hy graag ’n gholfspeler wil word. Hy lewe met die aanhaling: “Song is king.” En wat weet aanhangers nie van hom nie? “My regte naam is Abraham ‘vader van vele,’” verklap hy.

Ampie sonder die dag toe hy op Joost van der Westhuizen se roudiens een van sy gunstelingliedjies gesing het uit as een van sy loopbaanhoogtepunte.

Die grootste les wat die sanger oor die afgelope dertien jaar geleer het, is dat die lewe onregverdig is en dat die bestes nie altyd vinnig bo uit kom nie. Sy pa se dood was ook ’n onverwagse vuishou.

Tussen musiekmaak en -skryf, doen Ampie ook finansiële beplanning. Aanhangers kan dalk binnekort uitsien na nuwe musiek.

Volg vir Ampie op sosiale media:

Facebook, Twitter en Instagram

Vir besprekings en mediaverwante navrae:

Besprekings: [email protected]

Media:
The Marketing Zoo
[email protected] .za / [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui