fbpx
Dihan vroeg op Binnelanders te sien

Dihan vroeg op Binnelanders te sien

Foto: Verskaf

Dihan het grootgeword op die klein dorpie Meyerton waar hy ook op Hoërskool was. Vir vier jaar lank is Dihan ʼn lid van die Colla Vocé Jeugkoor (saam met die bekende sanger Refentse).

Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, het hy musiekteater gaan studeer en het rolle vertolk in verskeie produksies: Freckleface Strawberry, Calling me home en Urinetown.

Dihan skry graag sy eie musiek en laai gereeds covers op sy sosial emedia.

Hy word ook onlangs gekeur om deel te vorm van die Binnelandersspan en vertolk die rol van Trudie Ferreira se beste vriend, die gay matriekseun, Jacques Olivier.

Die meeste van sy inspirasie kom van die Amerikaanse sangeres, Katy Perry, wat hom per geleentheid op die verhoog geroep het tydens haar toer na Suid-Afrika in 2018.

Sy het my op die verhoog geroep en gesê: ‘Sy glo in my’. Ek hoop ek maak haar trots,” voeg Dihan by.

Die TV is maar net die begin van groot dinge vir Dihan. Hy is tans besig om te werk aan nuwe musiek wat hy vroeg in 2020 sal vrystel. Sy musiekstyl word veral gevorm deur kunstenaars soos Leah en Elandré.

Binnelanders kan weeksaande om 19:30 op kanaal 144 gesien word.

Skakel op 17 Mei 2019 in om vir Dihan die eerste keer op die kassie te sien.

Volg gerus vir Dihan op sosiale media:

Facebook & Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui