fbpx
Armand Joubert (AJ) verras met nuwe enkelsnit ‘Burning Fire’

Armand Joubert (AJ) verras met nuwe enkelsnit ‘Burning Fire’

Burning Fire – AJ

AJ, beter bekend as die pop-sensasie Armand Joubert het opspraak gemaak met sy nommer 1 treffers: “So Gone”, “Should I” en “Sun Back”. Hy is onlangs deur JacarandaFM uitgedaag om `n weergawe van die bekende Queen treffer, “Somebody to love” te doen waarvoor hy ‘n perfekte 10/10 bepunt is.

AJ het reeds saam met groot name in die bedryf gewerk en is genooi vir optredes in Spanje, New York en Israel. En nou is hy gereed om sy stem op SA bodem dik te maak met sy nuwe enkelsnit “Burning Fire”.

Met “Burning Fire” is Armand Joubert besig om homself te vestig as `n internasionale kunstenaar onder die naam AJ. Hierdie is ‘n snit wat jy verseker by jou speellys wil voeg.

“Burning Fire” is geskryf in samewerking met Marida Roux en vervaardig deur Hendrik Joerges. Die lied het ‘n baie unieke popklank wat vars op die oor val. Wat die lied laat uitstaan is Armand se stemgehalte en die moderne lirieke wat dit verseker gelykplaas met hedendaagse musiek.

“The song has a sunsual touch. it tells the story of two people getting to know each other on a personal level. It explains how one person can be overcome by the other’s existence, like a burning fire.”, is wat AJ oor die lied te sê het.

“Burning Fire” is op 7 Februarie 2019 eksklusief op JacarandaFM bekendgestel en is tans beskikbaar op alle digitale platforms wêreldwyd.

Vir Besprekings: [email protected]
Vir meer inligting: [email protected]
Bemarking: [email protected]

Volg ook vir AJ op sosialemedia:

Facebook & Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui