fbpx
Elme Churr sê “Jy’s genoeg!”.

Elme Churr sê “Jy’s genoeg!”.

Elme Churr – Jy’s Genoeg

Elme Churr wil hê jy moet weet: “Jy’s Genoeg!”
“’n Optregte opbouende lied wat vertel dat jy as mens genoeg is, met al jou foute en terugslae. Dit handel oor die alledaagse dinge in ’n mens se lewe, waar ’n mens soms kan voel dat jy op dryfsand loop en moed verloor. Maar waar genade, hoop, liefde vir jouself en ander ontmoet gebeur daar wonderwerke,” gesels Elme Churr oor haar splinternuwe enkelsnit uit die pen van Elme self, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Jy’s Genoeg, ’n folk-, pop-, countrysnit, vertel dat jy as mens genoeg is en klaar ontvang het waarna jy soek, jy moet net jou hande uitsteek en dit ontvang. Dat jy moet vra dat genade heeltyd oor jou reën, ’n wete dat God binne in jou is en dat Hy net die beste vir jou wil hê, ‘Jy’s Genoeg’.

“Die inspirasie agter die liedjie het na my gekom in die begin van die jaar. Ek het regtig gevoel dat hierdie boodskap van Jy’s Genoeg by almal moet resoneer. Ons lewe met soveel self-twyfel en worsteling van doen ek genoeg? Is ek genoeg? dat ons die waarheid daarvan moet hoor. Ons ís genoeg, want ons het klaar als ontvang, ons hoef onsself nie te regverdig teen die maatstawwe van sosiale media, advertensie-veldtogte of menslike opinies nie. Ontvang al die seëninge wat God alreeds vir ons gegee het, maak oop jou hande en ontvang sodat jy weer kan gee en ander liefhê asook jouself met dieselfde liefde wat Jesus vir ons het,” verduidelik sy.

Volgens Elme, wat tans besig is om te werk aan haar jongste album, wou sy graag dié enkelsnit as haar volgende snit vrystel omdat sy nie meer kon wag om die boodskap van jy is genoeg oor te dra nie. “In ’n era van kinderselfmoord, kindermishandeling en ’n wisselvallige ekonomie is dit maklik om fokus te verloor en vasgevang te word in ’n negatiewe samelewing.”

Elme sê dat die publiek van die enkelsnit gaan hou omdat dit ‘net genoeg is’ – treffende lirieke met ’n lekker beat. “Ek wil hê dat die luisteraar dit moet inneem, luister na die lirieke, toe kan pas op hulle alledaagse lewe, maar meer as dit uit volle bors saam kan sing,” vertel die sangeres.
’n Musiekvideo, wat in die Vrystaat verfilm is, sal eersdaags vrygestel word. In die video word die liefde tussen ’n pa en dogter – presies soos die vergelyking met God se liefde en verhouding met ons – vasgevang. “Ek kan nie als vir julle weggee nie. Volg my sosiale media @elmechurr vir leidrade,” terg Elme.

Elme Churr is ’n absolute mense en diere mens, plat op die aarde met haar skoene dadelik uit sodra sy by die huis inloop, terwyl al die hondjes na na haar toe storm. Twee Yorkies, een Jack russeltjie en twee ringnekkies is deel van haar lewe. “Ek’s oor die algemeen baie gestel daarop om als in die lewe voluit aan te pak met ’n massiewe glimlag, moed en ywer. Ek’s mal oor tuimaak, die buitelug, fietsry en selfs om ’n ou vervalle meubelstuk nuwe lewe te gee. Van kleins af het ek ’n liefde vir musiek ontdek, op drie in ’n dramastuk getrou en net nooit weer terug gekyk nie. Musiek is soos asem haal vir my. Dit gee my rustigheid en ’n platform waar ek met mense kan kommunikeer op n dieper vlak,” sê Elme.

Appel, Twee, Ed Sheeren, Elvis Blue is van die kunstenaars wat haar inspireer en sy’s mal daaroor om na ou Folk musiek te luister. Bob Dylan, Joan Baez, Simon and Garfunkel asook nuwer musiek soos Lumineers, Ed Sheeren, East Love, Us the duo, Oh Honey en dan vir seker ’n bietjie Jazz en Gospel is verseker op Elme se speellys.

Vra jy haar uit oor wat sy sou doen indien musiek nie vir haar beskore was nie, antwoord sy graag: “’n Veearts! Ek’t ’n vreeslike liefde vir enige diertjie en iets in my menswees is instinktief in help mode as ek sien dat ’n dier in nood is.”

En die grootste uitdaging wat sy al moes oorkom? “Om te besef dat goeie dinge nie noodwending altyd oornag gebeur nie. Konstante klein verbeteringe en wenne bring ’n mens nader aan jou ware doelwitte en drome. ’n Mens verwag gewoonlik dat as jy hard werk, als reg doen dat dinge net in plek sal val en als uit sal werk op JOU tyd. Maar ’n mens moet terugstaan diep asem haal, en volstoom voortgaan met nuwe passie en deursettingsvermoë,” verduidelik Elme.

Elme se toekomsdrome is groot en ‘bold’. Maar vir nou los sy haar aanhangers met drie woorde: “Aanhou, uithou, volhou!”

Volg vir Elme Churr op sosialemedia:

Facebook, Twitter en Instagram

Vir enige media navrae:
The Marketing Zoo
012 004 0642
Wian Smith – [email protected]
Marne du Plessis – [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui