fbpx
Andrew Davies maak sy debuut met EK LIKE JOU STYL

Andrew Davies maak sy debuut met EK LIKE JOU STYL

Andrew Davies se debuutenkelsnit, EK LIKE JOU STYL is pas vrygestel. Dit sal verseker aanklank vind by
elkeen wat ‘n huwelik of verhouding geniet. Andrew noem dat dit ’n droom en proses is waaraan hy al lank werk, gemeng met ‘n reis vol uitdagings om wel vandag uiteindelik na ‘n finale produk te kan luister.

Andrew het EK LIKE JOU STYL neergepen en verwerk saam met die befaamde liedjieskrywer Vincent
Gordon. Dit gaan oor elke vrou wat spesiaal is op haar eie unieke manier. Die liedjie vertel hoe leeg die lewe van ‘n man sou wees sonder sy vrou. Dit vertel ’n storie van hoe ‘n man sy vrou moet waardeer en respekteer.

Andrew is ’n uitmintende sanger vanaf Springs wat gebore is in 1987. Sy sangreis het in 2001 begin toe hy net 14 jaar oud was. Die lewe is geneig om hindernisse oor ‘n mens se pad te stuur, maar geen hindernis of bekommernis was ooit te groot vir Andrew nie. Daarom kan hy vandag getuig dat hy homself elke keer weer op sy voete bevind het.

Talentvol, gemotiveerd, opgewasse, liefdevol en stylvol is maar ‘n paar eienskappe om op te noem as dit
kom by die veelsydige kunstenaar en skitter sy verhoog persoonlikheid van al hierdie kwaliteite.
“Geloof is ‘n belangrike aspek vir my en ek gee nie sommer maklik op nie”, vertel Andrew.

Met hierdie popverwerking is die melodielyn minder kragtig as die lirieke self. Andrew wil juis die lirieke
gebruik om die regte indruk te skep en die idee mee te voer dat as mens so gelukkig is om iemand
spesiaal in jou lewe te mag hê. Mens moet dit waardeer en alles in jou vermoë doen om daardie
liefdestuiste te behou.

Hy sing enige musiek-styl vir enige tipe gehoor. Sy stemtoon en energieke styl waarmee hy optree wen
gereeld vinnig die harte van musiekliefhebbers, oud en jonk. Soos in die lewe van enige kunstenaar is die publiek belangrik vir die sukses van enige nuwe produk. Andrew is baie opgewonde oor die nuwe gehoor vanuit ander lande wat sy musiek geniet gedurende die grendeltydperk. Hy kry ook heelwat ondersteuning op sosiale media vanuit die kringe.

Die amptelike musiekvideo is reeds bekendgestel en beloof dit om ieder en elk wat daarna kyk se
hartskamers warm agter te laat.

EK LIKE JOU STYL word tans deur plaaslike radiostasies gespeel met groot beloftes van groei, Andrew
staan verseker nie terug vir sy kompetisie daar buite nie en geniet hy dit om te kompeteer met sy
medesangers. Sy grootste wens is dat sy gehore bloot genot sal vind uit sy musiek en dat dit vir hulle plesier sal verskaf waarookal hulle daarna luister.

EK LIKE JOU STYL is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram

Webblad: www.andrewdavies.co.za