fbpx
Antonio Banderas is puik in Pain & Glory

Antonio Banderas is puik in Pain & Glory

Die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, PAIN AND GLORY,  is ’n studie van aanvaarding, openbaring en versoening; dit gaan oor flieks se verhouding met die verlede en die krag wat dit het om herinneringe te herskep en aanvaarding te bewerkstellig.

Dié prent is ook Spanje se amptelike Oscar-inskrywing vir die Buitelandse Rolprent-afdeling en het reeds twee toekennings ingepalm by die Cannes-filmfees vir Best Akteur (Antonio Banderas) en Beste Komponis (Alberto Iglesias). 

Die Oscar-nominasies word op 13 Januaraie 2020 bekendgemaak en die amptelike Oscar geleentheid vind plaas op 9 Februarie 2020.

Antonio Banderas lewer puik toneelspel as die regisseur en rolprentlegende, Salvador Mallo, en is ook regdeur die fliek te sien in Almodóvar se kleurvolle hemde en skoene.

Die akteur, met ’n bos hare en baard wat plek-plek grys word, groei en krimp saam met die storielyn en vang dus die karakter se sterk- en swakpunte perfek vas.

Salvador ly aan verskeie kwale wat op die ou einde veroorsaak dat hy nie meer films kan maak nie. Fisiese en emosionele pyn, veroorsaak dat hy in ’n siklus van depressie verval.

“Ek ken die vrees daarvan om nie in staat te wees om flieks te maak nie baie goed en kan daarmee vergelyk,” verduidelik Almodóvar vanuit ’n persoonlike perspektief.

’n Toevallige ontmoeting, plaas hom in kontak met een van sy oud-kollegas, Alberto (Asier Etxeandia), wat van hom vervreem geraak het as gevolg van sy dwelmverslawing.

Alberto het nog nie volkome van sy verslawing genees nie, maar Salvador se risiko om in verslawing te verval is baie hoër as syne.

Hulle nuutgevonde vriendskap word getoets nadat hulle bedwelm by die voorskou van een van hulle ou rolprente opdaag, met katastrofiese en skreeusnaakse gevolge.

Nadat hy ’n persoonlike monoloog op Salvador se skootrekenaar sien, oortuig Alberto vir Salvador om hom toe te laat om dit op te voer as ’n eenmanvertoning.

Salvador stem in, op voorwaarde dat hy nie as skrywer gelys word nie. Hierdie eenvoudige aksie, het ’n reeks gebeure tot gevolg wat lei tot ’n merkwaardige en baie teer herontmoeting.

PAIN AND GLORY het twee storielyne: Die huidige, waarin Salvador en Alberto hulle vriendskap hervat en hy verslaaf raak aan heroïen, pynmedikasie en alkohol. Dit laat hom dieper-en-dieper in ’n wêreld van herinneringe verval – waaruit die tweede storielyn voortspruit.

Die terugflitse onthul geleidelik hoe Salvador en sy ma, Jacinta (Penelope Cruz), tydens sy kinderjare in ’n armoedige grotagtige huisie gebly het. Julieta Serrano, wat ’n puik vertolking lewer as sy ma in haar 80’s, verklap in ’n helder oomblik dat hy nooit ’n goeie seun was nie.

PAIN AND GLORY word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 6 Desember 2019.

Geesdriftige ondersteuners van Almodóvar se werk kan reeds die film by die Europese Filmfees gaan kyk wat sal plaasvind by die volgende Ster Kinekor Teaters vanaf 30 November tot 4 Desember 2019:

JHB (SKT Rosebank Nouveau):

30 Nov at 20:45
4 Dec at 20:15

PTA ( SKT Brooklyn Nouveau)

1 Dec at 18:15
4 Dec at 20:00

CPT (SKT V&A Nouveau)

30 Nov at 20:15
4 Dec at 20:00

PAIN AND GLORY is Pedro Almodóvar se beste en mees persoonlike werk tot op hede. Dit is verhaal van herinneringe, spyt en aanvaarding, en laat die lyne tussen kuns en die lewe vervaag. 

Dit is ’n mengsel tussen outobiografiese inligting en fiksie met ’n kragtige effek. Soos die titel verklap, is die eindresultaat ’n warrelwind van hartseer en vreugde wat kykers van begin tot einde sal boei.

PAIN AND GLORY WYS IN DIE VOLGENDE TEATERS VANAF 6 DESEMBER 2019:

STER KINEKOR:

Rosebank Nouveau
Brooklyn Nouveau
V&A Nouveau

NU METRO

Hyde Park
V&A Waterfront

INDEPENDENT

Labia Orange St.

INTERNASIONALE SKAKELS

FacebookInstagram