fbpx
Roerende nuwe rolprent ontbloot die harde werklikheid van verslawing!

Roerende nuwe rolprent ontbloot die harde werklikheid van verslawing!

A MILLION LITTLE PIECES is ’n rolprentverwerking van die 2003-topverkoper met dieselfde naam, deur James Frey, en is ’n emosiebelaaide vertelling van die skrywer se ervaring in ’n rehabilitasiesentrum in die 1990’s.

As alkoholis en dwelmverslaafde het die drie-en-twintigjarige James twee opsies: dood of rehabilitasie. Nadat hy op ’n vliegtuig wakker word met gesigbeserings en geen benul van wat met hom gebeur het nie, besluit hy om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan waar hy meer ontdek as detoks en terapie. Op sy reis om sy lewe, liggaam en siel te herstel, ontmoet hy soortgelyke gebroke siele met dieselfde doel.

A MILLION LITTLE PIECES is die bekroonde regisseur, Sam Taylor-Johnson, se nuutste projek – met Aaron Taylor-Johnson in die hoofrol, wat homself skitterend van sy taak kwyt. Die draaiboek is deur Aaron Taylor-Johnson en Sam Taylor-Johnson geskep en spog met ’n sterk rolverdeling, waaronder Billy Bob ThorntonJuliette LewisGiovanni RibisiCharlie Hunnam en Odessa Young.

Alhoewel A MILLION LITTLE PIECES nie terughou wanneer dit by die harde realiteite van verslawing kom nie, gaan dit ook oor die herstelproses en vier dit verder liefde, vriendskap en hoop. Dit probeer om ’n realistiese beeld te gee van hoe ’n jongman homself red van selfvernietiging.

“Jy lag en huil nooit so hard en intens soos wanneer jy besig is om te rehabiliteer nie,” verduidelik die regisseur en draaiboekskrywer. “Dit was belangrik om die perfekte balans te vind tussen die lig en die donker … Ek wil graag hê dat fliekgangers die prent positief moet ervaar en met hoop eerder as wanhoop sal wegstap.” 

A MILLION LITTLE PIECES word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal op 7 Februarie 2020 in plaaslike bioskope begin draai.

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook,  Instagram 
Hashtag: #AMLP_SA