fbpx
BAKGAT in Afrikaans!

BAKGAT in Afrikaans!

Afrikaans is Bakgat en ons gaan gróót op 29 September 2019 in die Sun Arena Time Square (Pretoria) waar van die land se gewildste kunstenaars saamspan om vir ‘n middag te sorg wat jy lank nie sal vergeet nie!

Ons gaan van ‘n Kaapse draai maak tot die Leeuloop met die meisie met die goue stem, Nádine en die hoender-man, Robbie Wessels.

Om te sorg dat jy nie gaan wil stilsit op jou stoel nie, is die trefferkoning Juan Boucher ook op die spyskaart. Vir ‘eye candy’ vir die ‘girls’ gaan Arno Jordaan voor sorg en vir ma en ouma gaan Manie Jackson die harte warm sing.

Vir die wat meer na romanse smag, gaan Tobi Jooste jou terugvoer na die era van liefde. Dan wag daar selfs nog ‘n paar verrassings… Dis mos nou ‘n Bakgat show!

‘n Spektrum van kunstenaars wat elkeen in sy eie reg al diep spore getrap het in die musiekbedryf.

Robbie Wessels is beslis ‘n grapjas, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ‘n groot gunsteling onder aanhangers gemaak het.

Juan Boucher is self ook nie meer ‘n nuweling nie en het sy pad oopgesing tot in die harte van elke Suid Afrikaner met sy rasperstem wat die voete vas aan die dansbaan hou.

Manie Jackson is een van ons land se top verkopers en met sy unieke aanslag bring hy hulde aan groot kunstenaars uit die verlede, maar spog ook met sy eie treffers.

Nádine ken ons al sedert sy ‘n dogtertjie was met Krappies en Krefies, maar sy het ontvou in een van die mooiste vroue-kunstenaars en het een van die beste stemme in die wêreld.

Tobi Jooste is bekend vir styl en sjarme op die verhoog en sing met ‘n meer klassieke aanslag wat sy musiek ‘groot’ maak. Nie net sanger nie, maar ook skrywer, sakeman en aanbieder.

Arno Jordaan se vierde album is pas uitgereik en binne die eerste dag goue status bereik. Vier maande later spog hy met verkope van meer as 40 000 eenhede. Sy album, Gee My is selfs vir ‘n SAMA toekenning benoem. Mag ek my verstout om hom die Justin Bieber van Suid-Afrika te noem? Nie net kan hy sing nie, maar met sy slaapkamer-oë gaan die jong nuweling, Esmond harte steel.

Dirk van der Westhuizen is besig om groot naam te maak en boer deesdae op die treffersperades. Hierdie spiertier is ook deel van hierdie Bakgat vertoning. En dan laaste, maar nie die minste, is die kersie op die koek, Tasché Burger – wenner van The Voice!

Van ons land se grootste kunstenaars op een van die land se grootste verhoë, beloof om dié opskop van die jaar te wees. Hierdie vertoning is saamgestel met kunstenaars sodat daar iets vir die hele familie is.

Dis ‘n middagopskop wat dit nog meer toeganklik en gerieflik maak vir oud en jonk!

Bakgat Promosies bied hierdie produksie aan in samewerking met BEELD en LEKKER FM.

DATUM: 29 September 2019
TYD: 14:00
Sun Arena, Menlyn Pretoria

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

 Vir navrae, kontak Mara 082 463 4351 of Christo 082 895 5093.

Ander navrae aan Lydia Winchester 082 554 8453.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui