fbpx
Deur die WILDERNIS saam met Abel Knobel

Deur die WILDERNIS saam met Abel Knobel

Abel Knobel wat bekendheid verwerf het as lid van NRG, verras behoorlik met sy nuwe enkelsnit DIE WILDERNIS vanaf sy album REFLEKSIES. 

Dit is nou drie jaar later en aanhangers het in groot afwagting gewag vir die kunstenaar se volgende skuif.  Na sy deelname aan The Voice SA, waar hy deel was van Bobby van Jaarsveld se span, reik hy nou sy eerste album uit en stel ook die eerste enkelsnit van die album vry.

Die lied, wat reeds op Jacaranda FM vrygestel is, sal behoorlik die koppe van enige Afrikaanse musiekliefhebber laat draai. 

Abel se nuwe klank is ʼn sterk aanduiding van sy groei as kunstenaar oor die afgelope tyd.

Abel wat voorheen bekend was vir sy elektropopklank het ʼn gladde oorgang gemaak na ʼn meer volwasse kontemporêre klank.

Die tydlose gevoel van die lied is opvallend en die instumentale werk is uitsonderlik.

Die lied vertel van hoop en liefde – dit is die goue draad wat ook dwarsdeur die album gehoor kan word.

“Die snit is ʼn feel good song. Dit gaan oor die avonture van die lewe; dat jy altyd meer kan bereik en meer kan leer as daar iemand is wat hierdie avontuur saam met jou ervaar. Die betekenis is eenvoudig: Om te verdwaal in Die Wildernis – wat ookal jou eie wildernis mag wees – is om jouself werklik te vind.” – So beskryf Abel die enkelsnit.

Die 17 snit album is vervaardig deur Sean Butler en alle musiek is geskryf deur Sean en Albert self.

Verder kan aanhangers ook uitsien om vir Abel op 25 September 2019 op die kassie te sien waar hy ʼn verskyning maak in die gewinlde SABC2-sepie, 7de Laan.

Vir hom is net een ding belangrik: Om ’n enkele lewe – of dalk meer – aan te raak.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui