Blinded by the Light in Suid-Afrikaanse fliekteaters vanaf hierdie naweek!

Blinded by the Light in Suid-Afrikaanse fliekteaters vanaf hierdie naweek!

Die aangrypende fillm, BLINDED BY THE LIGHT wat baie van die musiek van Bruce Springsteen bevat, beloof om deur middel van ’n emosionele plesierreis, vir kykers te illustreer hoe musiek lewens kan verander – veral in die fase waar tieners volwassenes word.

Die rolprent word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en open hierdie Vrydag, 16 Augustus 2019 by plaaslike bioskope.

BLINDED BY THE LIGHT is ’n fliek oor grootword deur regisseur Gurinder Chadha, wat in 2002 verantwoordelik was vir die lokettreffer Bend It Like Beckham. Die rolprent, wat beide ’n sjarmante huldeblyk aan tienerdrome en Bruce Springsteen is, is ook ’n opwindende terugkeer na die kollig vir dié geliefde regisseur. Sy beskryf die kern van die fliek so: “Dit is ook ’n jongman se drome en hoe iemand, uit ’n totale ander agtergrond en duisende kilometers weg, hom inspireer om dit te volg.” 

Dit vertel die storie van Javed (Viveik Kalra), ’n Pakistanse British tiener wat in 1987 in ’n mindergegoede buurt in Londen woon. Hy ontdek Bruce Springsteen se musiek, wat hom wakker maak en sy obsessie en indentiteit word. Maar die musiek doen ook meer as dit. 

Javed se wêreld word totaal omgekeer nadat ’n toevallige ontmoeting met ’n rebelse klasmaat, Roops (Aaron Phagura), wat sy nuwe vriend aan die polsende musiek van Bruce Springsteen voorstel (die kunstenaar wat op daardie tydstip nie noodwendig meer as ‘cool’ geag word deur Javed se tydsgenote nie) maar die lirieke inspireer hom en neem beheer van sy toekoms. 

Javed se huislike omstandighede is dieselfde as wat ons al honderde kere gesien het: Ouers wat verwag dat hulle kinders die kultuur waarmee hulle grootword moet ignoreer vir die waardes van die land waarvandaan hulle kom. Malik (Kulvinder Ghir) die streng pa, is vasgevang in ’n ondankbare werk. Hy het sy hele lewe daaraan gewy om ’n beter toekoms vir sy kinders te skep. Hy is ’n trotse en tradisionele patriarg en weier dat sy seun ’n huurmotorbestuurder word, maar is ook heeltemal onbewus van Javed se brandende begeerte om sy eie man te wees. Ghir se vertolking van die rol is hartlik en skreeusnaaks. 

Net soos met Javed, verleen Kalra se spontaniteit en onverwagse lae van emosionele kwesbaarheid baie diepte aan die fliek en lyk dit regtig of hy die tyd van sy lewe in hierdie rol het.

Geïnspireer deur die lewe van die Britse joernalis, Sarfraz Manzoor, wat ook mede-draaiboekskrywer is, fokus die fliek op ’n tiener wat sukkel om balans te vind tussen sy lewe binne en buite sy ouerhuis en hoe sy lewensverwagtinge hemelsbreed verskil van sy Pakistanse pa s’n.

Javed se vriende en familie is in die res van die rolverdeling te sien. Sy ma Noor (Meera Ganatra) is die geduld self, terwyl sy ousus Shazia (Nikita Mehta) vir hom die nodige perspektief gee oor hoe om sy eie waarheid te ontdek.

Die ondersteunende rolle is gevul deur talent soos Hayley Atwell as die Engelse onderwyser wat help om die platform te skep vir Javed se inspirasie om te groei; Nell Williams as Eliza, die meisie wat sy oog vang; en sy sogenaamde nuwe beste vriend Matt (Dean-Charles Chapman).

Lys van teaters:

Circuit Cinema
SterKinekor Bay West
SterKinekor Bayside
SterKinekor Bedford Square
SterKinekor Boardwalk
SterKinekor Brooklyn Nouveau
SterKinekor Carnival City
SterKinekor Cavendish Commercial
SterKinekor Cedar Square
SterKinekor Eastgate
SterKinekor Forest Hill
SterKinekor Gateway Commercial
SterKinekor Mall of Africa
SterKinekor Musgrave
SterKinekor N1 City
SterKinekor Rosebank Nouveau
SterKinekor Rosebank The Zone
SterKinekor Sandton
SterKinekor Secunda
SterKinekor Shelly Beach
SterKinekor Somerset Mall
SterKinekor V & A Nouveau
Nu Metro NM Bedford
Nu Metro NM Canal Walk
Nu Metro NM Clearwater
Nu Metro NM Galleria
Nu Metro NM Hyde Park
Nu Metro NM Menlyn Park
Nu Metro NM Park View
Nu Metro NM Pavilion
Nu Metro NM The Glen
Nu Metro NM V&A Waterfront
Independents Killarney Cine Centre
Independents Labia Orange St.
Independents Midlands Cine Centre
Independents Movies@Monte
Independents Suncoast Cine Centre

SOSIALEMEDIA

Blinded By The Light Movie: Facebook, Instagram, Twitter
NutsAboutMovies: Facebook, Twitter

Gesels saam op sosialemedia met die hutsmerk: #BBTLMovie_SA

Leave a Reply