fbpx
Bottomless Coffee Band se nuutste vrystelling is hier!

Bottomless Coffee Band se nuutste vrystelling is hier!

IS ONS AL DAAR is die splinternuwe enkelsnit van Lourens en Esté Rabé, aka Bottomless Coffee Band. Met dié vars klank bewys hierdie twee net weer dat hulle nie aan een genre of styl gebonde is nie.

Die liedjie verduidelik die frustrasies van die alledaagse lewe en hoe ons oorweldig word deur die taaklyste wat deur ons kultuur en omgewing opgestel word. Dit gee jou die gevoel om in jou motor te klim en iewers rustig en wonderlik heen wil ry.

Parallel daarmee is die vraag oor ‘daar uitkom‘ in die lewe. Is ons ooit daar, en moet ons wees? Vir elke enkele wese is die lewe ‘n unieke reis en het hul ook hul eie unieke uitdagings.

‘n Mens kan net dans op die ritme van jou eie lewe; terwyl jy uitreik na vreemdelinge op jou pad om saam te dans sodat alles in die lewe ‘n bietjie beter word, want … is ons ooit regtig daar?

Die gewilde duo is nie net bekend vir hul vermaaklike konserte nie. Hulle sien die mooi in alles en elkeen om hulle raak en word magies vertaal deur hulle musiek.

As hy oor hul musiek praat, sê Lourens: “Al die liedjies word soos jou kinders. Elkeen het ’n eie persoonlikheid en moet ook op hul eie manier hanteer word. Elke liedjie verklap ’n bietjie meer oor wie jy is, en sommige verras jou en het ’n baie groter invloed op jou as andersom; net soos met enige nageslag.

Hul derde vrystelling vertoon dit perfek as ‘n versameling van ‘n reeks liedjies genaamd Sitkamer Session op YouTube. Lourens vertel, “Ons het hierdie konsep twee jaar gelede geskep. Die idee het ontstaan uit die behoefte om die musikante en liedere wat ons op ons musiekreis geïnspireer het, te vereer”.

Esté voeg by: “Die algemene woord vir hierdie konsep is natuurlik bekend as ’n ‘cover’ van ’n bestaande liedjie, maar vir ons was dit veel meer as net dit; dit was ‘n proses om regtig dieper te delf in die legendariese werk van die kunstenaar en om met die liedjie te werk asof dit ‘n kosbare porseleinstuk was. Uiteindelik het ons video’s van die liedjies in ons sitkamer verfilm, wat die naam verduidelik.”

En al hierdie filosofieë en gedagtes word vasgevang in hul lirieke soos hulle een na die ander unieke liedjie vrystel. Hulle musiek, dikwels ’n refleksie oor watter insigte die lewe op daardie tydstip aan hulle verskaf het.

Hul doel is egter altyd om gedagtes te inspireer deur hul musiek wat daartoe lei om te verenig en die geestelikheid van elke individu te verhoog. Alhoewel hulle die afgelope 9 jaar lank hard gewerk het om ’n beskeie vorm van sukses te behaal, weet hulle daar lê nog harde werk voor.

Die duo besef dat hul nog net die oppervlak begin skraap het om Suid-Afrikaanse musiek na meer mense en verder die wêreld in te neem. Dit sluit brawe sosiaal politieke liedjies met my unieke plaaslike geur, gehoorgunsteling kragballades en hoendervleisy liefdesliedjies in.

Hulle klank is ‘n kombinasie van pop en rock met ondertone van klassieke klanke. En sal jou laat dans, glimlag, huil en saam sing, alles in die sangreis van die paartjie se lewenservaring.

Bottomless Coffee Band se eerste album, Room With A View, was in 2014 uitgereik. In 2018 is hul tweede album Anthelia vrygestel, vervaardig deur Theo Crous van die legendariese Springbok Nude Girls. Beide albums onbetwisbare gunstelinge van enige musiekliefhebber wat die baan geweg het vir hul derde album.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook

Webtuiste: https://bottomlesscoffeeband.com/