“Vat my Huistoe” van Gerhard Pace wen harte

“Vat my Huistoe” van Gerhard Pace wen harte

Wanneer jou pa op 76 jarige ouderdom nogsteeds die kitaar en mondfluitjie bespeel, selfs al wil die vingers nie meer lekker saamwerk nie en die asem soms opraak om die bekfluit te laat huil, weet jy musiek vloei in hierdie familie se are.

Dit was nie ‘n maklike pad vir Gerhard Pace nie. Gebore en skoolgegaan in George, moes dit die tuinroete wees wat sy inspirasie was om nie moed op te gee nie.

As skoolseun het hy koor gesing omdat dit maar die ‘ding’ was wat jy doen as jy maatjies jou nooi. Hy het toe nie gesien dat daar enigiets van sou kom eendag nie. In sy matriekjaar besluit hy en twee skoolvriende om ‘n ‘band’ te begin; eerstens omdat dit ‘n ‘cool’ ding was in die 90’s en die ‘girls’ anders na jou geloer het as jy ‘n kitaar kon speel.

Gerhard besluit toe om die pad na sukses onder te begin – deur saam met o.a. Heinz Winkler in die die lang ry te staan van MNET se IDOLS wat dalk, ja net dalk, jou gaan raaksien. Tussen 2005 en 2014 het hy verskeie kere ingeskryf sonder sukses, maar dit het nie hierdie Suidkus boytjie se droom gestop nie. Hy het al wat ‘n kompetisie is ingeskryf en al het hy soms by die eerste rondtes uitgeval, dit hom meer en meer aangespoor om die musiekbedryf te stormloop soos die branders net daar neffens die berge van George… 

Deesdae tree hy by elke geleentheid op waar hy ‘n kans gebied word en het al voorprogramme gedoen vir van ons land se beste kunstenaars. Dozi is sy rolmodel en daar het hy ook al die geleentheid gehad om by Back-to-the-roots op te tree.

2016 skryf het hy sy Afrikaanse liedjie, VAT MY HUISTOE wat opgeneem is in Port Elizabeth deur Stiaan Fourie. En voor hy die sand van aanhou uit sy oë kon vee, haal sy liedjie die nommer een posisie op plaaslike radiostasies. 2018 neem hy sy eerste musiekvideo van VAT MY HUISTOE op en dié word goedgekeur vir die KykNET speellys en speel tans op kanaal 146 van DSTV. 

Gerhard gaan binnekort op elke partytjie gehoor word en die keer met op profesionele vlak, nie meer net met ‘n kitaar in die hand om die skool’girls’ te beïndruk nie. 

Hy is besig om stadig maar seker harte landwyd te wen – en ons is seker sy sukses maak sy pa trots en gee hom ‘n tweede asem om sy trots te blaas deur die gaatjies van sy mondfluitjie dat dit eggo oor die Outeniqua berge.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook