Carmen Basson se splinternuwe enkelsnit MAAN TOE BEL

Carmen Basson se splinternuwe enkelsnit MAAN TOE BEL

Carmen Basson Maan Toe Bel

Carmen Basson se splinternuwe enkelsnit MAAN TOE BEL gaan oor die reis van ‘n verliefde paartjie – van saam drome droom en avonture aanpak tot herinneringe bou wat ten einde daarop dui dat hulle vir mekaar bedoel is.

Die poprock liedjie het ‘n moderne country invloed en is geskryf deur William Wolf.

MAAN TOE BEL is ‘n goedvoel-oorwurm met ‘n gelukkige einde.

Die sangeres Carmen Basson se splinternuwe enkelsnit MAAN TOE BEL gaan oor die reis van ‘n verliefde paartjie – van saam drome droom en avonture aanpak tot herinneringe bou wat ten einde daarop dui dat hulle vir mekaar bedoel is.

Die poprock liedjie het ‘n moderne country invloed en is geskryf deur William Wolf. Carmen vind aanklank by die liedjie omdat sy ook soos enige jongmens al verlief en verlore was en kan daarom vereenselwig met die tema van die lied en die opgewekte ritme van die musiek.

MAAN TOE BEL is ‘n goedvoel-oorwurm met ‘n gelukkige einde. “Die liedjie het die potensiaal om ‘n Desember-treffer te word. Ek glo luisteraars sal daarby aanklank vind omdat die liedjie ‘n gevoel van hoop skep en dit gaan mense weer opgewonde maak oor die idee van die liefde,” sê Carmen.

Die musiekvideo is by Reizis Square en die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein geskiet en vertel die storie van ‘n jong verliefde paartjie wat hulle avonture saam geniet. Dié avonture laat hulle byna in die moeilikheid beland, maar tog het dit ‘n gelukkige einde.

Hanno Hattingh vertolk die rol van Carmen se kêrel in die video. Jaco van Bosch van Looped Pictures het die video geskiet en vervaardig.

“Wat dit anders maak as ander musiekvideos is die feit dat ek elke oomblik eg aan myself is. Ek doen presies wat ek sou doen as die kamera nie op my was nie. Wat dit so spesiaal maak is dat niks aangeplak was nie en dat elke lag uit my maag uit was.”

Carmen Basson – Maan toe bel

Meer oor die kunstenaar

Carmen het grootgeword in ‘n familie wat gek is oor gospel- en countrymusiek. Sy het op die ouderdom van ses vir die eerste keer saam met haar oupa by ‘n ouetehuisfunksie opgetree waar sy “Sweef soos ‘n arend” gesing het.

Sy het op die ouderdom van 12 begin sing op feeste en funksies soos troues. Op universiteit het sy ‘n nuwe kant van haar musiek en stem ontdek toe sy aan Sêr-kooroptredes deelgeneem het.

Die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver was toe sy in 2018 aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem en die wêreldbekende sangeres Lira haar stoel omgedraai het. Sy het ook die geleentheid gekry om by Lira te leer en om vir Riana Nel te ontmoet.

Sy was in die top-48 van The Voice SA (2019) en is terug gestem vir ‘n moontlike plek in die top-17. Sy het ook vanjaar die top-20 van Maak My Famous gehaal.

Carmen sê plaaslik is haar grootste inspirasie die musikant Roan Ash. “Hy inspireer my en ek kan identifiseer met die tipe musiek wat hy maak. Dit is ook my droom om eendag in Nashville te kan optree, soos hy reeds het.”

Haar emosies en die dinge waardeur sy of mense na aan haar gaan, inspireer haar om liedjies te skryf wat mense hoop gee en laat voel dat hulle nie alleen deur iets gaan nie.

“Ek wil graag mense ‘gesond’ maak met my musiek op dieselfde manier as wat musiek my ‘gesond’ gemaak het.”

Countrymusiek is haar gunsteling genre en sy beskryf haar stem as “ou country soul”. Kunstenaars wat ‘n groot invloed het op haar musiekstyl het is Lauren Alaina, Carrie Underwood, Gabby Barret. Plaaslik luister sy graag na Riana Nel.

Sy verklap dat sy elke aand slaap met reëngeluide en sagte klaviermusiek. “Ek kan letterlik nie daarsonder nie,” bieg sy.

Die musiekbedryf het haar geleer dat dit belangrik is om haarself te bly, hard te werk en aan te hou deurdruk. Sy het ook geleer dat sy nie haarself met ander kunstenaars en mense moet vergelyk nie.

Sy skryf tans haar eie musiek wat sy graag in die nabye toekoms wil uitreik. As sy enige ander beroep moes kies sou sy graag ‘n aktrise wou wees.

SOSIALE MEDIA

Instagram