fbpx
Christi van Niekerk – LIEWE LEWE

Christi van Niekerk – LIEWE LEWE

Dit is nie aldag dat daar nuwe musiek uitgereik word wat jou oor dadelik trek nie. Om uit te staan as musikant is nie ‘n maklike taak nie. In ‘n poel van kommersiële musiek is dit selde dat iets opreg, spontaan en oortuigend klink. Dis juis hier waar Christi die norm daag met haar unieke skryfstyl en klank.

Christi van Niekerk wat afkomstig is van Marchand, ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap het onlangs twee van haar passies bymekaar gesit en musiek begin skryf.

Na die afloop van ‘n rowwe week het sy besluit dit is tyd om ‘n informele brief aan die lewe te skryf. “Ons almal kry daardie rowwe weke in ons lewe wat voel of dit nimmereindigend is.” verduidelik sy.

Christi wat intussen verhuis het na Potchefstroom vertel dat sy deur hierdie moeilike tye veral na haar mense verlang. Sy beskryf hierdie tye as ‘n groot toets waarvoor sy te staan kom.

Die lied bemoedig die luisteraar dat daar meer fut in elkeen is en dat opgee nie altyd ‘n opsie is nie.

LIEWE LEWE se opgewekte ukulele en vrolike lirieke is ‘n vars briesie in die Afrikaans musiekmark. Jy sal verlief raak op die lied sodra jy dit die eerste keer hoor.

Christi verduidelik dat haar sy daarvan hou om te dink dat die die Here is wat met haar praat wanneer sy aan nuwe musiek werk. LIEWE LEWE was presies daardie motivering waarna sy gesoek het in moeilike tye.

LIEWE LEWE het die potensiaal om elkeen se dag op te kikker en sal spoedig ‘n gunsteling onder luisteraars word.

LIEWE LEWE is tans beskikbaar op alle digitale platforms. ‘n Musiekvideo vir LIEWE LEWE is ook in die pyplyn vir die jong sangeres van Marchand in die Noord-Kaap.

SOSIALE MEDIA

Instagram