Deon Mering is die GRENSBEWONER met ʼn groot boodskap.

Deon Mering is die GRENSBEWONER met ʼn groot boodskap.

Deon Meiring Grensbewoner Omslag

Deon Meiring se kortspeler GRENSBEWONER dra ʼn groot boodskap oor.

GRENSBEWONER bepeins oor die emosie en konsep van verlange en menswees. 

“Die idee van ʼn grensbewoner het begin toe ek een Januarie pas teruggekom het van vakansie af en reeds na Desember verlang het.”

Die kortspeler is reeds op alle digitale platforms beskikbaar.

“Om liedjies te skryf is soos om in ʼn spieël te kyk.” – Dit is die woorde van liedskrywer en sanger Deon Meiring wat onlangs sy kortspeler GRENSBEWONER uitgereik het.

GRENSBEWONER bepeins oor die emosie en konsep van verlange en menswees.  “Die idee van ʼn grensbewoner het begin toe ek een Januarie pas teruggekom het van vakansie af en reeds na Desember verlang het.”

Deon het gou besef dat baie aspekte van sy lewe gelyk is aan die van ʼn GRENSBEWONER.  Deon som dit as volg op: “Tussen dit wat verby is en wat ek hoop nog sal kom, tussen die hemel en die doodgewone”.

Wanneer jy na die lirieke luister is dit duidelik dat die tema sterk oorgedra word aan die luisteraar.  Elke lied is met moeite en deeglikheid aanmekaar geweef en dra by tot die groter tema van die kortspeler.  “ʼn Mens is nie net een ding nie. Ek was al baie dinge, sommige wat ek weer wil wees, ander wat ek nooit weer wil wees nie en ek wonder ook gereeld oor wie ek nog moet word.”

“Ek’s my lewe lank ’n grensbewoner
tussen die hemel en die doodgewone…” – uit die titelsnit, Grensbewoner

“…wie wil ek wees
sal jy my help om te onthou?” uit Lyntjies T-Hemp

“…plek-plek gevlek
maar ook miskien heilig of
kind genoeg
om af en toe
te onthou
dit is menslik
om onheel te voel…” – uit As jy my oopskeur

“…ek dra my vel al lank
soos ’n kleed van onsigbaarheid
en ek dink dit is hoog tyd
so ek vervel myself daaruit
en voel kaal om te sien
hoe ek regtig lyk…” uit Hoe ek regtig lyk

Al die liedjies is geskryf deur Deon self, met die uitsondering van BICYCLE SONDER ʼn SLOT wat deur Koos Kombuis geskryf is. Koos Kombuis self sing ook hierdie nuwe weergawe van die klassieke treffer saam met Deon.

Deon Meiring se album, GRENSBEWONER, is plat-op-die-aarde folk musiek.  As jy van dieper lirieke hou is dit vir seker die album vir jou.

Deon Meiring is gebore op Humansdorp in die Oos-Kaap en het in 2006 die musiekwêreld betree met sy groep Glaskas.  Later stig hy saam met Bouwer Bosch die groep Dans Dans Lisa.  “Beide Glaskas en Dans Dans Lisa het vir my die geleentheid gegee om die liedjies wat ek skryf te kan deel op albums, verhoë en musiekvideo’s”, vertel Deon.

Deon het egter besef dat sommige liedjies wat hy skryf nie noodwendig in een van dié projekte inpas nie. Dit is juis te danke aan hierdie besef dat hy besluit het om ook sy solo-loopbaan af te skop.

Sy eerste solo-projek was DIE SLAAPKAMER SESSIES waar hy vir 10 weke lank weekliks ʼn nuwe lied geskryf en opgeneem het in sy slaapkamer. Hierdie videos het hy gedeel op YouTube. 

In 2018 hervat hy die konsep en herverwerk dit na MAANDEINDE waar hy aan die einde van elke maand ʼn nuwe liedjie met sy aanhangers deel deur YouTube.

Van sy grootste invloede sluit Koos du Plessis en Spoegwolf in.  Wat veral vir hom uitstaan is dat Spoegwolf bewys het dat daar steeds ʼn plek bestaan vir kunstenaars wat regte instrumente kan bespeel.

Deon beskryf projekte soos Maandeinde as uitdagend veral omdat hy onafgeronde musiek aan die wêreld voorgelê het.  Hy waardeer egter die feit dat hy dit aan die persone kon deel wat musiek in ongeslypte vorm kan waardeer.

Deon se musiek word aangedryf deur sy lirieke.  Alhoewel die musiek eenvoudig kan klink laat dit juis die ruimte waarvoor die weldeurdagte lirieke vra.  Vir Deon is dit belangrik dat die musiek en lirieke dieselfde aandag geniet.

Deon spog reeds met musiek wat top aan trefferslyste gepryk het.  Sy nuutste musiek vorm ook deel van die klankbaan van die reeks KOMPLEKS wat op kykNET en Showmax te siene is.

Deon wat ook kitaar en bekfluitjie speel noem dat indien musiek nie sy loopbaan was nie, hy heel waarskynlik as ʼn sendeling sou gaan werk het. “Dis amper soos musiek – betaling is onvoorspelbaar, jy reis baie en het ʼn groot boodskap.”

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter

BESPREKINGS

Kontak vir Louis
Tel: 060 503 8247
E-pos: [email protected] of [email protected]