fbpx
Emil Paul en Samantha Leonard span kragte saam.

Emil Paul en Samantha Leonard span kragte saam.

Emil Paul, The Voice deelnemer, het vroeër vanjaar sy debuutalbum BEGIN NET OOR vrygestel. Dit is nou tyd vir ’n nuwe enkelsnit vanaf die gewilde album. Dié keer ’n krag-ballade genaamd JOU FOTORAAM saam met ongelooflik talentvolle Samantha Leonard.

Ek is gek vir ’n lekker duet en om dit saam met een van die beste stemme in ons land te doen is niks anders as ’n groot eer nie,” sê Emil. Samantha, self ’n finalis in dié gewilde realiteitreeks, is tans op alle radiostasies met haar debuutalbum, ’N DUISEND KEUSES.

JOU FOTORAAM se diep betekenis word versterk deur die kunstenaars se saamgevloeide stemme, die polsende melodie en kragtige verwerking. Die lied se storie word vertel vanuit die perspektief van n persoon wat n geliefde aan die dood afgestaan het en wat sukkel om aan te beweeg.

Die lied is vir Emil baie persoonlik omdat hy sy ma op n jong ouderdom verloor het. Hy verstaan dat daar gewoonlik baie vrae is en dat die rouproses nie altyd maklik is nie.

n Fotoraam se simboliek is iets waarmee hy identifiseer. “… omdat mens altyd eers die foto van die persoon waardeer wanneer hulle nie meer daar is nie. ’n Foto beteken soveel meer as jy daarna kyk, as daar heimwee daaraan gekoppel is, want dis asof die persoon nog leef.

Hy hoop dat luisteraars wat iemand verloor het minder alleen sal voel wanneer hulle JOU FOTORAAM luister en dat hulle sal weet hulle is nie alleen nie, want iemand anders verstaan waardeur hulle gaan.

Luisteraars kan uitsien na n pragtige musiekvideo met beide Emil en Samantha. Die video volg die lied se sterk balladetema en die n storie word vertel van n persoon met mooi herinneringe van liefdesverhouding. Dele van die video is geskiet by die mooie Lombardy Hotel en die gewilde Rooftop Cafe. Regie is hanteer deur Luther van der Watt.

Emil is n besige man met planne om homself meer en meer te vestig in die musiekbedryf as n vervaardiger en skrywer. Hy hou daarvan om te eksperimenteer met verskillende klanke en sal ook iets wil vervaardig wat internasionaal erken kan word.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter, Instagram