fbpx
Francois van Rensburg – AS EK VERLIEF RAAK

Francois van Rensburg – AS EK VERLIEF RAAK

francois van rensburg as ek verlief raak

Francois van Rensburg het tydens Valentynsmaand sy enkelsnit AS EK VERLIEF RAAK uitgereik.

Die lied verwoord die liefde op `n besondere wyse soos nog nooit gehoor vantevore.

AS EK VERLIEF RAAK is tans op alle digitale platforms beskikbaar.

Volgens onlangse navorsing wat oor twee eras strek, is die volgende bevind – ongeveer 24 uit 40 liedjies besing die liefde. In 2021 is hierdie tema steeds relevant, soveel te meer in Valentynsmaand.

Alhoewel daar baie hieroor geskryf en gesing word, het Francois van Rensburg gehou van die unieke manier waarop Wouter van de Venter dit uitdruk in sy liedjie, AS EK VERLIEF RAAK.

“As ek verlief raak knak ek in my knieë. As ek verlief raak ruk ek aan die tralies. Aan die mure. Aan die bure…”

Wouter het Francois toestemming gegee om sy eie weergawe hiervan op te neem en die tyd om dit vry te stel is nou!

Ek het al verskeie liefdesbeskrywings gehoor, maar nog nooit op dié treffende manier nie,” sê Francois. “Dit het dadelik tot my gespreek en ek móés die liedjie eenvoudig opneem en my eie maak,” voeg hy by.

Die liefde kan ’n mens vreemde dinge laat doen, maar wie sou kon raai dat dit jou soms selfs aan die mure en die bure wil laat ruk.

AS EK VERLIEF RAAK is beskikbaar op alle digitale platforms.  

SOSIALE MEDIA 

Facebook, Instagram, Twitter

LEES MEER

Bekende radio-omroeper stel nuwe enkelsnit en musiekvideo vry!