Francois van Rensburg – COWBOYS DON’T CRY

Francois van Rensburg – COWBOYS DON’T CRY

FRANCOIS VAN RENSBURG SKRYF LIED OOR WEERLOOSHEID EN HOOP

Francois van Rensburg is ‘n bekroonde radio-omroeper en ook bekend as akteur en TV-aanbieder. “Cowboys Don’t Cry” is sy jongste enkelsnitvrystelling as deeltydse sanger en liedjieskrywer.

Almal ken die gesegde: “Cowboys don’t cry”.   Hy het ‘n liedjie hieroor geskryf nadat hy eendag by ‘n verkeerslig stilgehou het waar ‘n man vir hulp en geld gestaan en vra het.  “Ek het nie op daardie stadium kontant of enigiets anders by my gehad om vir hom te gee nie, maar ek het my ruit ’n entjie afgedraai om ’n geselsie aan te knoop. Die man het weerloos daar gestaan en toe ek oor sy welstand uitvra, het hy geantwoord: Cowboys don’t cry”.

Dit het Francois laat dink hoe ons van kleins af geleer is dat ’n mens moet volhard in moeilike tye.

Voorheen was dit byna taboe vir mans om oor hulle gevoelens te te praat. Daar is van ‘n man verwag om altyd sterk te wees en nie emosie te wys nie, maar op die ou einde bly ons almal net mens en is daar krag in weerloosheid. “Dit het my geïnspireer om sy storie te vertel en herinner my as ek self voor ’n uitdaging staan, dat daar ander mense is wat erger af is as ek. Deur die jare het baie dinge verander en vandag weet ons dat sterk mans ook mag voel en mag huil. Soms huil mens net in die reën, sodat ander nie jou trane kan sien nie, maar daar lê kosbare lesse in gedeelte smart”.

Musiek bly steeds ‘n passieprojek vir Francois, alhoewel deeltyds verskaf dit hom oneindige vreugde om ten minste twee keer per jaar ‘n nuwe enkelsnit vry te stel en sy aanhangers is hom maar al te dankbaar daarvoor!

COWBOYS DON’T CRY  is beskikbaar op alle digitale platforms.  Laai dit hier af:

https://distrokid.com/hyperfollow/francoisvanrensburg/cowboys-dont-cry

SOSIALE MEDIA: 

Facebook, Instagram, Twitter