fbpx
Glory Carriers stel enkelsnit DEFENDER vry.

Glory Carriers stel enkelsnit DEFENDER vry.

Debbi en Francois is beide betrokke by musiekbediening. Die twee musiekleiers se musiek verkondig lofprysing in waarheid en in gees.

Te same het hul reeds gemeentes en gehore in musiek gelei om God se lof te besing.

DEFENDER is ‘n lied wat jou sal meevoer in lofprysing. Dit is ‘n lied wat jou weer opnuut laat besef dat God jou enigste versorger en beskermer is.

DEFENDER se klank verleen hom om internasionale gehore se aandag te trek en dit is ook die hoop wat die paartjie vir die lied het.

Debbi en Francois is tans woonagtig in Pretoria waar hulle bly saam met hulle drie kinders. Deel van hul koningkrykswerk is die Glory Carriers Movement wat hul op die been gebring het.

“Glory Carriers is daarop gefokus om in ‘n intieme verhouding met God te staan. Want die hemel is daar waar God teenwoordig is – daar waar geen siekte, donker, ballingskap of vloek kan staan in die onfeilbare liefde van ons Vader nie.”, verduidelik die twee.

Hul musiek word sterk beïnvloed deur Steffany Gretzinger, Amanda Cook, Hillsong Worship, Bethel Worship, Elevation Worship, Jesus Culture, Maverick City en The Belonging Co.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram