fbpx
Go the Rodeo – CHASING SHADOWS

Go the Rodeo – CHASING SHADOWS

CHASING SHADOWS is Go the Rodeo, Johannesburg se alt-rockers, se nuutste enkelsnit en musiekvideo. Met ‘n moderne 80’s klank sal dit luisteraars wat uit die era kom, se aandag vir seker trek.

Go the Rodeo het in die westerlike voorstede van Johannesburg gestig. Die groep bestaan uit Corné van Niekerk (sanger en kitaarspeler) en Craig Atkinson (dromspeler).

Corné vertel meer: “Ek wou graag ‘n song skryf wat die nostalgiese gevoel van die tagtigs uitbeeld, maar tog eg sal wees aan Go the Rodeo. Die lirieke handel oor die onsekerhede van alleenwees en die vrees dat jy nie volmaak sal wees sonder die regte persoon nie. Ekself het al baie tyd en energie gemors op die verkeerde persone, en dit het my laat besef dat ek skaduwees gejaag het.”

Die video bestaan uit ‘n eenvoudige storielyn het en bevat talle beelde en verwysings wat eg is aan die 80’s.

“Rally Sport Motors was baie gaaf om hul werkswinkel en klassieke karre vir ons te leen, en daarmee het ons ‘n toneel uitgebeeld wat lyk of dit uit ‘n “Arcade” speletjie kom. KLS Media het ons gehelp om die idee aanmekaar te sit, en ons is baie gelukkig met die finale produk.”, verduidelik Corné.

Go the Rodeo se klank is ‘n mengsel van Indie rock, pop en blues met elektroniese elemente wat geïnspireerd is deur groepe soos The Kills, Queens of the Stone Age, Twenty One Pilots, The Neighbourhood, The XX, Alt-J, Chet Faker, Enter Shikari, Bring me the Horizon, en Tame Impala.

Corné en Robert het die duo gestig nadat hulle in verskeie musiekprojekte saam betrokke was. Aan die begin van 2017 het hulle met ‘n nuwe klank na vore gekom en Craig Atkinson (dromspeler vir electronic/post-hardcore groep Bombs and Issues) het hulle vergesel.

Hulle het hul debuut-enkelsnit, SEA DOG is in Mei 2017 vrygestel en het dit is vinnig opgevolg met verskeie enkelsnitte wat insluitend: GLASS WALLS, OUR LAST NIGHT, NEVER C UR FACE AGAIN.

Hul debuut-album, LEKKER CHILLED, is op die 26 Julie 2019 vrygestel.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, YouTube