Go the rodeo – WOLVE

Go the rodeo – WOLVE

“‘n Polsende liedjie met opwindende melodiese ondertone”, so beskryf Go the Rodeo hul nuutste enkelsnit WOLVE.

Die lied ondersoek die rol wat depressie in verhoudings kan speel en hoe mens saam die geestestoestand kan oorwin.

Die lied wat met ‘n donker musikale tema begin ontwikkel in ‘n meer opgewekte klank. Die ernstige klank van die musiek word deur positiewe, opbouende lirieke gekontrasteer en skep die idee van ‘n toekoms vol hoop.

Skrywer en sanger Corné brei uit: “Wolve is oor ‘n tydperk van 2 jaar geskryf, en baie tyd is spandeer om dit op ‘n punt te kry waar ek tevrede was daarmee. Toe ek die riff en oorspronklike refrein geskryf het, was ek in ‘n donker geestelike plek, maar uiteindelik het ek besluit om die lied uit die donker te lig, en dit ‘n positiewe gevoel te gee.”

Corné vertel verder dat WOLVE se storie handel oor sy eie donker gedagtes en hoe sy sielsgenoot se teenwoordigheid hom uit daardie donker denke gelei het.

“Sy het persoonlike trauma opgedoen in daardie tyd, wat haar een aand oorweldig het, en in daardie oomblik het dit my laat besef dat sy ook met soortgelyke gedagtes worstel, wat my nog nader aan haar laat voel het. Ons albei het daardie wolf in ons.”, verduidelik Corné.

Die musiekvideo vir WOLVE is by The Media Farm verfilm deur Renier van Heerden. Die regie en redigering is deur Corné van Niekerk behartig.

Die video plaas die duo in ‘n eenvoudige ateljee-omgewing waar hulle optree. Aan die begin van die video is daar geen kleur te sien nie. Met die verloop van die lied word die beelde opgedeel in reekse video wat op interessante wyse oor mekaar beweeg.

Go the Rodeo het in die westerlike voorstede van Johannesburg gestig. Die groep bestaan uit Corné van Niekerk (sanger en kitaarspeler) en Craig Atkinson (dromspeler).

Go the Rodeo se klank is ‘n mengsel van Indie rock, pop en blues met elektroniese elemente wat geïnspireerd is deur groepe soos The Kills, Queens of the Stone Age, Twenty One Pilots, The Neighbourhood, The XX, Alt-J, Chet Faker, Enter Shikari, Bring me the Horizon, en Tame Impala.

WOLVE kan geluister word op jou gunsteling aanlynplatform: https://fmg.lnk.to/wolve

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter