Christiaan Baartman – DIS JY

Christiaan Baartman – DIS JY

As jy gelukkig genoeg is om die een te ontmoet saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer, moet dit gevier word. Dit is presies wat die sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, doen met sy splinternuwe enkelsnit wat nou op die radio gehoor kan word.

DIS JY is ’n folk-popsnit, uit sy eie pen en ateljee, wat gaan oor die oomblik wat jy besef dat jy die tipe liefde ontdek het wat jy vir altyd wil koester.

Ek het onlangs halsoorkop verlief geraak op ’n dame en die gevoel wat ek ervaar het was die inspirasie vir die lied. Ongelukkig het die verhouding nie uitgewerk nie, maar die gevoel het bly klou,” deel hy oor waar die idee vandaan gekom het. “Om verlief te wees is ’n geskenk en iets wat jy vir so lank as moontlik moet najaag.”

Die musiekvideo, wat binnekort beskikbaar sal wees, is spesiaal gebou om die vrolike gevoel van die liefde te vier en wys ’n orkes, wat bestaan uit van die land se beste musikante, wat musiek maak op die verhoog, terwyl die partytjiegangers lekker kuier en dans.

“Soms wil ’n mens net lekker kuier saam met jou vriende en die musiek geniet en dit was die idee agter die video,” verklap hy.

DIS JY is Christiaan se veertiende enkelsnit in drie jaar en volg in die voetspore van suksesvolle treffers soos As Hy Vir Jou Nog Lief WasNet ’n BietjieStof, ’n Vriend Soos Jy (’n lekkerluister-duet saam met Mack Rapapali), My Vrou en Die Beste Deel.

Tans werk die kunstenaar juis weer saam met Mack aan sy nuutste enkelsnit, help hy uit met ’n rolprentprojek en beplan hy saam met George Parker aan ’n geestelike album. Verder is hy ook besig om sielkunde te studeer en nuwe musiek te skryf, en beplan hy om nog ten minste twee enkelsnitte uit te bring oor die volgende paar maande. 

Hy is ook ’n deelnemer in die kykNET-program, Ontbytsake, se liedjieskryfkompetisie en is hy opgewonde om te sien wat die res van dié reis vir hom inhou.

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik. Oor die jare, het hy baie hoogtepunte bereik waaronder verskeie musiektoekennings, ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale rondte te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; en vele meer.

Om terug te wees op die verhoog is vir hom ’n groot voorreg en hy beskou elke optrede wat hy doen as ’n hoogtepunt van sy loopbaan. 

DIS JY is ’n pragtige lief, wat weereens sy vermoë as musikant, vervaardiger en liedjieskrywer ten toon stel.

“Hierdie lied is anders as die gewone. Dit is organiese musiek, met ’n prettige en energieke aanslag, maar sonder sintetiese instrumente,” sluit hy af.

Dis nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:
https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/dis-jy

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook, Instagram, YouTube

LEES MEER

Christiaan Baartman – AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS

Christiaan Baartman – MOENIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE

Christiaan Baartman pleit namens renosters met STOF

Mack Rapapali en Christiaan Baartman vind ‘N VRIEND SOOS JY

Christiaan se nuwe enkelsnit verwoord mans se liefdesverklaring op hul troudag