Christiaan Baartman – AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS

Christiaan Baartman – AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS

Dit is nie altyd maklik om te aanvaar en te laat gaan wanneer ’n verhouding nie uitwerk nie. Tóg is dit nodig vir jou eie beswil, sodat jy kan aangaan met jou lewe. Dít is die kragtige boodskap wat Christiaan Baartman graag met sy nuutste enkelsnit, AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS, aan luisteraars wil oordra.

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik. Oor die jare, het hy baie hoogtepunte bereik waaronder verskeie musiektoekennings, ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale rondte te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; en vele meer.

Ons het by hom meer uitgevind oor die nuwe vrystelling.

Wat het jou inspireer vir die lied?
So baie verhoudings is eintlik reeds verby, maar ons hou vas aan hulle. Dit maak mense se lewe moeilik – as jy nie afsluit met een verhouding nie dan kan jy nie na die volgende een toe gaan nie. Dit veroorsaak net onnodige pyn.

Die lied is geïnspireer deur mense wat vashou aan iets wat gebreek is met die hoop dat die maat gaan “verander” of terugkom. Soms moet mens net laat gaan, want daar’s iemand nuut, daar’s iemand mooi vir jou gemaak.

Is die tema van die lied persoonlik?
Defenitief! Ek het soveel keer aan ‘n verhouding vasgehou, en dit het my weggehou van groter dinge. Nie net verhoudings nie maar my loopbaan ook. Sodra jy dié laat gaan wat jou terug hou kan jy groei.

AS HY NOG VIR JOU LIEF WAS is ‘n rou en moeilike vraag, hoe het jy dit versoen met ‘n opgewekte melodie?
Om te lewe in oorvloed is n gawe, dit ‘n vreugdevolle afêre. Om af te sluit en ‘n nuwe pad in te slaan is iets wat jou opgewonde moet maak. Dis waar ek die inspirasie gekry het om die lied opgewek te vervaardig.

Wie sal aanklank vind by die gehoor?
Iemand wat wil dans en iemand wat die boodskap moet hoor – iemand wat nog sukkel om te anvaar dat die verhouding reeds verby is.

Waarom sal mense met die lied assosieer?
Meeste mense het hulself al in die situasie gevind – in ‘n verhouding wat eintlik al dood is. Dit is ‘n universiële boodskap.

Wie het almal gewerk aan die produksie?
Ek het geskryf en vervaardig, Sean Manly het die finale klankversorging behartig.

Waar kan mense die lied luister?
Oral, soek net vir AS HY NOG VIR JOU LIEF WAS en jy sal dit vind.

Van wanneer kan die lied geluister word?
Vanaf 10 Junie 2022.

Wat is volgende vir Christiaan Baartman?
Sing, sing en nogmaals sing! Die volgende 3 liedere is klaar in die pyplyn. 2022 gaan baie musiek kry van die Baartman-kraal af. Om op te tree is op die oomblik my passie. Soveel as wat ek kan waarokal ek kan.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Christiaan Baartman – MOENIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE

Christiaan Baartman pleit namens renosters met STOF

Mack Rapapali en Christiaan Baartman vind ‘N VRIEND SOOS JY

Christiaan se nuwe enkelsnit verwoord mans se liefdesverklaring op hul troudag