Len Muller – JY MOET WEET

Len Muller – JY MOET WEET

Wat begin het as die saamvloei van klanke in die ateljee, het ontwikkel in ’n treffende enkelsnit wat nog vir lank Afrikaanse musiekharte gaan laat smelt.

“Dit het vir my geklink soos ’n swerwer wat die liefde van sy lewe op sy pad ontmoet het en toe besluit het om te waag vir liefde en vir die persoon te sê hoe hy voel,” sê Len Muller oor die ontstaan van sy splinternuwe enkelsnit, JY MOET WEET.

Volgens die sanger en liedjieskrywer is die lirieke van hierdie Afrikaans-akoestiese snit, wat eie is aan sy unieke styl, eers geskryf nadat hy en Francois de Klerk die oggend in die ateljee spandeer het en ’n wysie ontdek het waarvan hulle baie gehou het.

“Soms val daar ’n melodie in ’n mens se hart en dan vloei die lirieke asof dit nog eintlik altyd bestaan het,” verduidelik hy. “Dit het gevoel asof die liedjie my gekies het en ek is bevoorreg om dit te mag sing.”

Die snit spog met ’n lekkerluisterwysie wat sag val op die oor en sal aanklank vind by ’n wye gehoor.

JY MOET WEET volg in die voetspore van Huis Toe wat vroeër vanjaar deel was van ’n baie suksesvolle Klein Kaap Boutique Hotel-advertensieveldtog op kykNET.

Sedert Len nege jaar gelede met sy solo-loopbaan begin het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name in die musiekbedryf te werk nie, maar ook om op groot musiekverhoë op te tree en homself as liedjieskrywer te vestig.

Hy is veral bekend vir sy treffer, Vrede, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense. Dié liedjie is in dieselfde jaar benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Liedjie van die Jaar. Hy is ook deel van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met Joshua na die ReënKaleidoskoopLeon GroppLizandra Winter en Liani Reynolds, wat in 2019 gestig is en per geleentheid saam optree.

Len woon in die Kaap en bestuur ook sy eie eksklusiewe agentskap (Tau Entertainment) wat besprekings vir kunstenaars soos Juan Boucher en Danie du Toit (Reënwolf) hanteer.

Tans is hy ook besig om ’n landswye toer te beplan en skryf hy ook graag liedjies vir ander kunstenaars. Om hom te bespreek of navraag te doen oor sy dienste as liedjieskrywer, kontak hom op [email protected] of [email protected].

Met JY MOET WEET bewys Len net weer hoekom hy so gewild is en sy plek in die plaaslike musiekbedryf verdien.

Laai dit nou hier af: https://ditto.fm/jymoetweet

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, SoundCloud

Webwerf: www.lenmuller.co.za

LEES MEER

Len Muller – HUIS TOE

Esté Gross ft Len Muller skitter met nuwe enkelsnit, HEMELRUIM

Oggendkuier saam met Len Muller

Len Muller se nuwe album is OORGENOEG

Len Muller ft Stella, ‘n TOEVLUG vir almal!

‘n HEILDRONK op Len Muller se nuwe musiekvideo!

Len Muller vier familie en samesyn met nuwe enkelsnit!

Nuwe enkelsnit, NUWE HORISON vir Len Muller

Len Muller en Stella akoesties

Len Muller en Stella eersdaags in Pretoria te sien vir eksklusiewe optrede!

Vir Len Muller is musiek “Oorgenoeg”

Len Muller vier sewe suksesvolle jare in die musiekbedryf met ‘n nuwe kortspeelplaat (EP)