fbpx
Len Muller – HUIS TOE

Len Muller – HUIS TOE

Wat begin het as musiek vir ’n Klein Kaap Boutique Hotel-advertensieveldtog op kykNET, het gegroei tot ’n pragtige nuwe enkelsnit wat verseker met harte gaan praat.

“Dié hotel het my genader om ’n kort musiekstuk te skryf vir hulle advertensie wat uitspeel aan die einde van episodes van die reeks, ‘Hotel’,” vertel Len Muller oor sy nuutste enkelsnit, HUIS TOE“My platemaatskappy het egter meer potensiaal daarin raakgesien en my aangemoedig om ’n volledige liedjie daarvan gemaak.”

HUIS TOE is geïnspireer deur die feit dat almal net vir ’n rukkie op aarde is voordat hulle eendag ‘huis toe’ gaan. “Ek het ook gedink aan die gelykenis van die verlore seun, en hoe baie ek al self verlore geraak en my pad weer huistoe gevind het,” voeg hy by.

Hierdie nostalgiese Afrikaanse akoestiese snit is deur Gideon Botes verwerk en bevat die Zoeloe-frase: “Buyel’ Ekhaya”, wat beteken om terug te keer huis toe. Volgens die sanger, wou hy nog altyd ’n liedjie in ’n ander taal as sy moedertaal skryf en is hy opgewonde oor die eerste tree wat hy in hierdie rigting geneem het.

“Ek dink mense gaan daarvan hou omdat die musiek jou laat droom en die boodskap agter die lied vir enigiemand iets kan beteken,” sê hy.

’n Pragtige musiekvideo van die lied is ook nou beskikbaar. Dit is in Valsbaai deur Nico Welgemoed verfilm en die regie en vervaardiging is deur Len se eie vrou, Chanél Muller, behartig.

Die video is geïnspireer uit ’n toneel uit die rolprent The Secret Life of Walter Mitty en wys hoe Len avontuurlustig deur die mooiste dele van ons land op ’n longboard rond skaatsOmring deur die pragtige berge, reënboë en natuurskoon, is dit iets om te aanskou.

“Ek het nog nooit met ’n ‘longboard’ tussen berge af gery nie en ek het ’n week gehad om te leer voor ons die video moes verfilm. Alhoewel die lied my inspireer het om iets nuuts te leer doen, het ek tog ’n paar keer my gat gesien.

Ek sien uit om iets nuut en vars met bewonderaars te deel.”

HUIS TOE volg in die voetspore van Hemelruim, ’n 2021-duet met Esté Gross, wat baie goed ontvang is en steeds op oor die radio gehoor kan word. Hartklop, vanaf sy album Oorgenoeg, was ook ’n groot treffer onder luisteraars.

Sedert Len nege jaar gelede met sy solo-loopbaan begin het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name in die musiekbedryf te werk, op groot musiekverhoë op te tree, en homself as liedjieskrywer te vestig.

Hy is veral bekend vir sy treffer, Vrede, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense. Dié liedjie is in dieselfde jaar benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Liedjie van die Jaar. Hy is ook deel van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met Joshua na die ReënKaleidoskoopLeon GroppLizandra Winter en Liani Reynolds, wat in 2019 gestig is en per geleentheid saam optree.

Wanneer dié veelsydige Kapenaar nie besig is met sy eie musiek nie, bestuur hy sy eie eksklusiewe agentskap (Tau Entertainment) wat besprekings vir kunstenaars soos Juan Boucher, Danie du Toit (Reënwolf) en Herman Kleinhans hanteer.

Sy plan is om vanjaar nog in Nieu-Seeland te toer en om heelwat nuwe enkelsnitte vry te stel wat met mense se harte sal praat.   

HUIS TOE is ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekmark en is een van daardie liedjies wat jou lank sal bybly nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

Laai dit nou hier af: https://ditto.fm/huistoe

SOSIALE MEDIA

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, SoundCloud

Webblad: www.lenmuller.co.za

LEES MEER

Esté Gross ft Len Muller skitter met nuwe enkelsnit, HEMELRUIM

Oggendkuier saam met Len Muller

Len Muller se nuwe album is OORGENOEG

Len Muller ft Stella, ‘n TOEVLUG vir almal!

‘n HEILDRONK op Len Muller se nuwe musiekvideo!

Len Muller vier familie en samesyn met nuwe enkelsnit!

Nuwe enkelsnit, NUWE HORISON vir Len Muller

Len Muller en Stella akoesties

Vir Len Muller is musiek “Oorgenoeg”

Len Muller vier sewe suksesvolle jare in die musiekbedryf met ‘n nuwe kortspeelplaat (EP)