fbpx
“HERE’S TO THE NOW”, sê Nathan Smith

“HERE’S TO THE NOW”, sê Nathan Smith

4.5 out of 5 stars

Nathan Smith se eerste album in 11 jaar, HERE’S TO THE NOW, is een wat op verskeie vlakke met ‘n mens praat. Dit raak aan jou hart, siel en gees en neem jou op ‘n musikale reis van emosies en waardering.

Wat die album waarlik voortreflik maak is die meesterlike kitaarspel. Die universiële tema’s word oorgedra met sterk melodieë, sang en roerende lirieke.

Die eerste twee snitte is tegelyk vrygestel; DECISIONS handel oor die besluite wat ons maak wanneer dit by verhoudings kom – maar nie net ons eie besluite nie, ook die afwagtig op die besluite van die ander persoon.

CLOSER aan die anderkant is Nathan se eerste gospelliedjie en ‘n spirituele soeke om al hoe nader aan God te leef.

Nathan het begin om kitaar te speel op die ouderdom van 11, vanwaar sy liefde gegroei het. Hy waardeer die instrument as kunsvorm en sê” “I’m also dedicated to the craft of playing guitar, which is a whole other inspiration to me.”

https://open.spotify.com/album/5Y4qPsSjS53aY8b2dpBGlu?si=ysPK6t_rSKq7w8X56EpdkA

Die album open met die titelsnit, HERE’S TO THE NOW, ‘n op-en-wakker liedjie met ‘n lekker ritme wat ‘n mens dadelik vasvang – ‘n refleksie oor ons obsessie met prestasie en die toekoms, dikwels ten koste van die huidige.

Vir Nathan gaan dit spesifiek oor die tye saam met sy vrou, Jackie, maar luisteraars sal ook sterk aanklank hierby vind. Op die ou end gaan dit oor “om die klein goedjies in die lewe te geniet wat eintlik die groot goed in die lewe is.”

‘n Ander liedjie wat Nathan na aan die hart lê, is AIDAN, ’n emosionele huldeblyk aan sy susterskind wat op tee-en-twintig-jarige ouderdom oorlede is aan ‘n outo-immuunsiekte. “Aidan is ’n huldeblyk aan sy lewe en kom diep uit my hart uit. Dit word ook opgedra aan ouers wat hulle kinders moes afstaan aan die dood; dit is ’n aaklige ding om deur te gaan.”

‘n Ander snit wat dadelik uitstaan, is ALICE (You’ll find your Wonderland), ‘n motivering oor om uit te hou, al lyk dinge soms duister. Net soos Lewis Carroll se Alice staan ons soms by kruispaaie, en al lyk dinge soms onseker, leef ons in die hoop om uiteindelik ons eie wonderland te vind.

Dit is duidelik dat hierdie 12 oorspronklike liedjies nie sommer oornag gebeur het nie en oor ‘n lang tyd tot rypheid gegroei het. “Voordat ek Nederland toe is, het ek aan agtien liedjies gewerk. Van daar af, het ek kollegas genader oor watter liedjies hulle gedink het die beste sou werk,” verduidelik Nathan.

HERE’S TO THE NOW is ‘n briljante album met diepte en betekenis. Beslis die luister werd!

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Instagram

LEES MEER:

Nathan Smith stel musiekvideo vry vir enkelsnit vanaf sy album

Nathan Smith – Twee nuwe enkelsnitte vrygestel en ’n album op pad