fbpx
Rinél Day is die heldin in haar eie musiekvideo

Rinél Day is die heldin in haar eie musiekvideo

“Daar is nie altyd ’n held in die regte lewe wat jou kom red nie. Jy hou vas aan geloof en gebed wat jou dan help om daai tree te vat om jouself te red. Die held kom gewoonlik na al die hartseer, selfondersoek en opstanding. Dan gebeur jou Happily ever after,” sê Rinél Day oor die boodskap agter die musiekvideo van haar gewilde enkelsnit, EK HET OPGESTAAN, wat pas vrygestel is en bo-aan trefferparades regoor die land pryk!

Hierdie feëverhaal, wat afspeel in die Middeleeuse tye, is deur die Coolerbox Brothers by Greensleeves Medievel Kingdom in Johannesburg verfilm. Die idee van die video was om ’n kontras te skep tussen lig en donker deur te wys hoe die heldin uit die donker na die lig ontsnap.

Volgens Rinél, wat regdeur die video in die mooiste skeppings van Hans Vosloo Du Toit te sien is en haar vernuf met fakkels en vlamme ten toon moes stel om die perfekte skoot te kry, het die eindresultaat van die video haar stoutste verwagtinge oortref: “George van die Coolerbox Brothers het my basiese idee gevat en ’n merkwaardige sprokiesverhaal geskep wat vir kykers wys dat hulle soms die held in hulle eie lewens kan wees. Elke persoon verdien geluk en jy kan self die keuse maak om dit te vind en jouself te red.”

Die musiekvideo bou voort op die sukses van die enkelsnit. EK HET OPGESTAAN is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die kunstenaar se derde ateljee-album met dieselfde naam, wat op 30 September 2020 bekendgestel sal word. Die snit is geïnspireer deur ’n moeilike tyd in haar eie lewe. Die sterk tema vind aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie is reeds ’n gunsteling op die dansvloer.

Kyk die video hier  

Die liedjie is hier op alle digitale platforms beskikbaar: 
Google Play Music Link
Apple Music Link
Deezer Link

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram
Twitter

Webblad: www.rinel.co.za

Lees meer:
“EK HET OPGESTAAN”, sing Rinel Day