fbpx
Hugh Lynn – HAND OM DIE LYF

Hugh Lynn – HAND OM DIE LYF

Met sy debuutsnit, HAND OM DIE LYF, stel Hugh Lynn homself aan die Afrikaanse musiekmark voor en dié popliedjie, wat saam met Hugo Ludik vervaarvaardig is, sal beslis die voete laat jeuk.

HAND OM DIE LYF handel oor ’n ou wat nie kan dans nie en ’n kans neem deur ’n meisie te vra om hom te leer dans. Terwyl dié danslesse op die dansvloer aan die gang is, raak hulle verlief en besluit saam om in ’n verhouding te wees,” het Hugh vertel.

HAND OM DIE LYF is met die insette van Ludik, van die mansgroep ADAM, vervaardig en Jeanette Jacobs, wenner van Sterstatus in 2019/2020, kan ook in die musiekvideo gesien word.

“Ek was altyd te bang om ’n voet op die dansvloer te sit en maar gou iets anders gevind om te doen as ’n dansliedjie gespeel word,” het Hugh vertel. Volgens hom sal mense wat kan dans en nié kan dans nie altwee met die liedjie kan vereenselwig.

“Dis ’n alledaagse storie oor iemand wat ’n uitdaging het en dit aanpak. Dié storie word vertel met ’n lekker ritme,” het hy gesê.

Die musiekvideo is ook die laaste musiekvideo wat ooit by die gewilde dansplek Weiveld opgeneem is kort voor hulle hul deure gesluit het.

“Ons het die voorreg gehad om Weiveld se verhoog en beligting te gebruik terwyl ek en Jeanette op die verhoog was,” het Hugh vertel.

In die musiekvideo word hy as ’n skaam kunstenaar uitgebeeld wat sy droommeisie ontmoet – en sy help hom ook gou reg met die danspassies. Hugh spog met ’n B.Sc graad in klank ingeneurswese.

“Ek het ook graad 8 in kitaar voltooi en speel ook klavier en dromme,” het hy beskeie vertel. Hy skryf al vir agt jaar lank aan liedjies en tree die afgelope vier jaar profesioneel op.

“Riaan Benade en Bernice West is kunstenaars saam wie ek graag wil werk aangesien hulle skryfwerk en musiek genre my inspireer,” het hy verklap.

Vir hom kan die inspirasie om liedjies te skryf strek van iets waaraan hy dink tot iets wat met iemand anders gebeur het. Een van sy gunsteling aanhalings is: Music is the only thing that doesn’t have rules.

En nou breek hy ook alle reëls soos hy die Afrikaanse musiekmark met ’n slag betree met HAND OM DIE LYF.

HAND OM DIE LYF is nou op alle musiekstrominsgdienste beskikbaar.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram