fbpx
Rita Li – HARTLAND

Rita Li – HARTLAND

Rita Li sing in haar splinternuwe enkelsnit, HARTLAND, oor die plek waar sy veilig voel en met dié nuwe liedjie hoop sy elkeen sal ook hul eie spesiale hartland koester.

“Dis ’n plek waar ek geborge voel. Waar dit nie saak maak hoe ek lyk nie en ek sommer met my kamerjas en pantoffels gemaklik kan wees – saam met diegene vir wie ek die liefste is,” het sy vertel.

Vir haar is haar hartland die plaas waar sy grootgeword het op Clocolan en waar haar ouers steeds bly.

Hartland is gepen deur deur Richann Brüssow, van die sangduo Reën wat weer op hul beurt bekendheid verwerf het as die gewilde Boer soek ‘n Vrou-paartjie en treffer Vrystaat Vlaktes.

“My hartland is op die plaas waar ek bly – hier waar ek grootgeword het, vandag op boer en wat my inspireer om liedjies te skryf,” het hy vertel.

“’n Hartland verwys ook nie nét na ’n plek nie, maar soos my man Paul sê, dáár waar jou mense is. As jy die mense uithaal uit die omgewing haal jy ook die hart uit,” het Rita Li vertel.

“Ek hoop dat mense na die liedjie sal luister en sommer ook beelde van hul spesiale hartland-oomblikke sal sien,” het sy vertel.

Volgens haar kan dit vir elkeen iets anders wees, maar as sy die luisteraar daaroor laat dink het, het sy haar doel met die liedjie bereik.

Die musiekvideo word eersdaags vrygestel en is op Rita Li se ouers se plaas in Clocolan verfilm.

“Dis so spesiaal dat die mense vir wie ek lief is ook in die musiekvideo kon wees,” het sy verklap.

Rita Li se sangloopbaan het in 2019 afgeskop toe sy as sportfisioterapeut haar eie praktyk se deure toegemaak het om die nuwe hoofstuk as sangeres te begin.

“Daar was al soveel geie oomblikke en mooi herinneringe wat ek kan koester,” het sy van dié skuif vertel.

Haar album, Roekloos Verlief, wat in 2021 uitgereik is, was ook as genomineer vir ’n SAMA28 2022-toekenning in die afdeling vir beste pop album.

Snitte soos MY EERSTE MY LAASTE en IEMAND ANDERS (deur Dewald Wasserfall en Danny Smoke) is ook baie goed deur die publiek ontvang met Iemand Andres se musiekvideo wat ook bykans 100 000 kere op YouTube geniet is.

Rita Li het ook onlangs haar eie YouTube-reeks, Vuurwerke met Rita Li, bekengestel. In dié reeks se episodes gesels sy met inspirerende rolspelers. Loer gerus na haar kanaal hier https://www.youtube.com/channel/UCR9xUFoBHZcuJCydyjsZgNA/featured

Hartland is nou beskikbaar op alle musiekstromingsdienste.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Rita Li – LUGBALLON