fbpx
Rita Li – LUGBALLON

Rita Li – LUGBALLON

In haar nuwe enkelsnit, LUGBALLON, neem Rita Li die luisteraar na ’n fantasiewêreld met ’n treffende boodskap.

“LUGBALLON laat my geweldig verlang na my oupa wat ’n paar jaar terug oorlede is. Dit is die tipe lirieke en storie wat hy sou vertel oor die mense en gebeurtenisse van die lewe. Hy het ’n ontembare lag gehad met skitterblink blou oë. Wanneer ek LUGBALLON sing voel dit of hy saam sing en saam met my reis terwyl hy spore in die wolke, oftewel hemel, los – daar waar die spore vir ewig sal wees en die lag nooit ophou nie,” het Rita Li vertel.

Vir haar benadruk die lirieke “jy is genoeg” die boodskap van Bo – ons is genoeg in Sy oë en Hy het ons lief net soos ons is ten spyte van hierdie gebroke wêreld waarin ons leef.

LUGBALLON is geskryf deur Leon Gropp, Len Muller en Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) en Rita Li se weergawe is vervaardig deur Murray Lubbe.

Die inspirasie vir die skrywers was om die om luisteraars aan te moedig om sake vanuit ’n ander hoek te beskou.

“Dis so waar dat wanneer ons vasgevang is in ’n spesifieke situasie, dit oorweldigend kan raak. Maar wanneer ons soos ’n LUGBALLON bo ons probleme en situasie uitstyg, sien ons dit vanuit ’n ander perspektief. Probleme lyk kleiner en ons kan die positiewe raaksien,” het Rita Li vertel.

“Ek vertrou dat die publiek gaan aanklank vind met die liedjie want ons is almal nou deur ’n geweldige moeilike tydperk met die pandemie en al die seer wat daarmee gepaardgegaan het,” het sy vertel.

“Ek wil met LUGBALLON mense herinner dat ons ’n beter plek het om na uit te sien, dat ons genoeg is soos ons is en dat ons soms net ’n bietjie afstand moet kry van die onmiddelike omgewing en ons emosies. Ons moet leet om van bo af kyk –  daar is tog goeie en mooi dinge is rondom ons,” het sy bygevoeg.

Rita Li is tans baie bedrywing en stel ook haar nuwe geselsprogram, Vroue van Vuur, én funksie met dieselfde titel, bekend.

“Op Dinsdag, 10 Mei hou ek konsert en deel ek inspirasie met ander dames. Dit gaan ’n aand wees om mooi aan te trek mooi aan te trek, bederf te word en goed te voel,” het sy vertel.

Vir Rita Li was een van haar onlangse hoogtepunte om deel te wees van ’n Afrikaans is Groot-kersproduksie gedurende 2021 waartydens sy die geleentheid gehad het om die verhoog te deel met van ons land se groot kunstenaars soos Corlea Botha, Monique Steyn, Dewald Wasserfall, Ruhan du Toit en Ivan Roux.  

Rita Li het vertel sy is ’n vrou, vriendin, mamma en kind van God met ’n onblusbare lus vir die lewe, hope drome en idees.

“Ek het as driejarige begin dans en klavier speel, op vier my eerste solo-optrede gehad en nog nooit opgehou tussendeur alles nie. Amptelik is ek al amper vyf jaar voltyds besig in die bedryf maar voor dit het ek optredes, dansklasse en sangbediening in die kerk al vir meer as sestien jaar gedoen,” het sy vertel.

Sy put haar inspirasie vanuit stories en lewenslesse wat in haar eie en ander se lewens om haar gebeur.

“Ek kan nie sing oor iets waarmee ek nie ’n emosionele band het nie.”

Rita Li se eerste enkelsnit, IEMAND ANDERS, vanaf die album, Roekeloos Verlief se musiekvideo spog met bykans 100 000 kyke op YouTube en was vir sestien weke op verskeie radiostasies se treffersparades. Die album Roekeloos Verlief was binne die eerste week van vrystelling onder top vyf van Apple se Afrikaanse albums.

Vroue van Vuur is ’n semi-formele glansgeleentheid wat op Dinsdag, 10 Mei by Hyto Tyto in Midrand plaasvind.

Rhona Erasmus is die aand se gasspreker. ’n Konsert, uitstallings en vele meer is deel van die aand se opwinding.

Bespreek hier.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, TikTok, YouTube