Internasionaal bekroonde groep bring hulde aan Dire Straits in SA.

Internasionaal bekroonde groep bring hulde aan Dire Straits in SA.

Die internasionaal bekroonde THE DIRE STRAITS EXPERIENCE is op pad na Suid-Afrika. Die vertoning sal slegs een aand aangebied word en sal plaasvind op 15 Oktober 2019 by die Sun Arena in Time Square, Menlyn, Pretoria.

25-jaar is reeds verby sedert een van die meesbekende musiekgroepe ooit ʼn katalogus agtergelaat het wat bestaan uit van die beste en mees verfynde komposisies wat die rock genre al ooit opgelewer het.

Met ʼn rekord van 120 miljoen albums wat reeds verkoop is is dit duidelik dat DIRE STRAITS se musiek met ons sal wees vir `n baie lang tyd.

Nou kan DIRE STRAIT aanhangers van alle ouderdomme regsit vir die goeie nuus.  Die internasionaal bekroonde groep THE DIRE STRAITS EXPERIENCE is op pad na Suid-Afrika.  Die groep bestaan uit veteraan DIRE STRAIT lede: Chris White en Chris Whitten.

Daar sal slegs een vertoning aangebied word wat op 15 Oktober 2019 by die Sun Arena in Time Square in Menlyn, Pretoria.

Bywoners van die geleenheid kan uitsien na gewilde treffers soos MONEY FOR NOTHING, SULTANS OF SWING, WALK OF LIFE – om maar net `n paar te noem.

Saam met White en Whitten op die verhoog is Terence Reis en ook ander top gehalte musikante vanuit die Verenigde Koningkryk.  Tussen hulle het het hul gewerk saam met kunstenaars wat insluit: Elton John, Paul McCartney, Eric Clapton, Tina Turner, Mick Jagger, George Michael, The Killers – die lys gaan aan.

Chris White waardeer die feit dat dit feitlik onmoontlik was om enige vorm van outentiekheid te gee aan hierdie buitengewone musiekstukke sonder Mark Knopfler.

“When I was first approached to put together a band to play the Dire Straits songs at the Albert Hall, I didn’t believe it would be possible to find someone who would be able to stand in Mark’s shoes without sounding like an imposter. I was wrong.

In Terence Reis, I think we may have found the only person on the planet that is able to play and sing like Mark, but maintain his own integrity and identity. I think this is the very essence of why the fans have been so accepting of what we do. They believe in Terence as his own man. They know he is not trying to be Mark. Because of his respect for Mark, Terence is able to perform these songs in a very honest way that allows his energy and talent to come through. This is exactly what allows the performances to feel alive and fresh. Not slavish copies of a bygone time. Without Terence, this would simply not work.”

En so gebeur dit dan dat die musiek in al sy glorie, grootte en prag ʼn weer op die verhoog te sien is.  Dit alles vir die aanhangers wat gehelp het om die musiek lewendig te hou deur die jare heen.

Kaartjies vir hierdie eens in ʼn leeftyd ervaring is nou te koop by Computicket.  Daar word verwag dat kaartjies gou gaan uitverkoop so moet geen tyd mors deur te huiwer nie.  Kaartjies is beskikbaar vanaf R 225 tot R 350.

THE DIRE STRAITS EXPERIENCE word deur AMP Events aangebied in samewerking met Jacaranda FM en Time Square.

GELEENTHEID: The Dire Straits Experience

DATUM: Dinsdag, 15 Oktober 2019

TYD: 19h30

VENUE: Time Square, Menlyn, Pretoria

KAARTJIES: Computicket

Vir verdere inligting, besoek www.direstraitsexperience.com.

Leave a Reply