fbpx
Kaleidoskoop – Meer as ’n Dekade van kleurryke musiek

Kaleidoskoop – Meer as ’n Dekade van kleurryke musiek

Foto: Facebook

Wat in Jouba Joubert se studentejare begin het as ’n groep vriende wat onder meisiekoshuise se vensters geserenade het, het gelei tot die stigting van Kaleidoskoop saam Gerhard Liebenberg in 2006.

Wat vir Anique Jordaan begin het as ’n aanhanger van Kaleidoskoop in 2007, het later gelei tot gasoptredes en amptelik tot lid van die groep in 2009. Díe jaar maak die akoestiese folk duo reeds ‘n dekade lank kleurryke musiek.

Juba en Anique deel nie net dieselfde van nie, maar ook hul passie vir musiek wat gelei het tot hul groot sukses. Juba het homself leer kitaar speel en moes na sy studies kies tussen musiekmaak en wynmaak.

Hy dra by tot die groep as skrywer van musiek en liriek, kitaarspeler, sanger, perkussie en bespeel die mondfluitjie. Anique het haarself op gehoor leer klavier speel en het reeds as vierjare haar eerste klavier-uitvoering by die kerkbasaar gelewer. Behalwe vir haar stem, speel Anique die klawerbord, klavier en trekklavier.

Die outentieke klank van hul musiek, gekombineer met rou eerlike lirieke vertel stories oor liefde, lewe en menswees. Die verskeidenheid van instrumente wat die duo saam kan bespeel, dra verder by tot Kaleidoskoop se spektrum van musiekvorme.

Kaleidoskoop skryf self hul Afrikaanse musiek en het reeds verskeie toekennings ontvang vir die hoë gehalte musiek waarvoor die groep bekendheid verwerf het. Hul nuutste album, GUNSTELING SEISOEN, het in 2018 ‘n Ghoema toekenning ontvang vir Beste Album deur ‘n Groep of Duo.

In 2012 het hul weggestap met die Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Kontemporêre album vir VARS UITGEKERF, wat ook ‘n Tempo nominasie ontvang het vir Beste Nuweling en Ghoema nominasie vir Beste Kontemporêre album.

In 2019 word hul musiekvideo VLUGVOETIG genomineer vir ʼn Ghoema in die kategorie Beste Musiekvideo van die jaar.

Kaleidoskoop se naam kom vanaf die speelding wat die mooiste patrone en kleure vorm as jy daardeur kyk wanneer dit op ‘n ligbron gerig word.

“Ons vind ons inspirasie deur ons oë op Jesus – óns ligbron – te rig. Só hoop ons om ons positiewe, kleurvolle uitkyk op die lewe, liefde en menswees in ons musiek en lirieke te weerspieël – ‘n broodnodige boodskap van hoop.” Die groep inspireer ook jong kunstenaars om getrou te bly aan hulself en hul musiek, ‘n resep wat duidelik vir hulle goed werk.

Die Indie groep is ook deel van die ‘Musiek soos Grond‘ produksie saam met medekunstenaars  Joshua na die ReënLeon GroppLizandra Winter, Len Muller en Liani Reynolds.

Die Musiek soos Grond konserte is die heel eerste van sy soort in die land en is daarop gemik om vir onafhanklike kontemporêre kunstenaars ’n platform te bied om hulle musiek op dieverhoog met gehore te deel.

Besprekings: [email protected] 

Sosiale Media:

Facebook, Instagram, Twitter

Webblad: https://kaleidomusiek.co.za/musiek/

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui