fbpx
Jacques & Liezel – NEED YOU MORE

Jacques & Liezel – NEED YOU MORE

Suid-Afrika se gunsteling, drie keer Afri-Indie-bekroonde gospel-duo, Jacques & Liezel, is weer terug met ‘n splinternuwe gospel-enkelsnit NEED YOU MORE, net ‘n paar maande na hul top-enkelsnit MOVING ON .

NEED YOU MORE is ‘n kragtige aanbiddingslied wat ‘n eerlike, opregte uitroepgebed is, vir meer van God.

“Hierdie liedjie is gebore tydens ‘n baie moeilike tydperk in my eie persoonlike lewe. Dit is geskryf net na my egskeiding tydens COVID-19 inperking. Ek het eendag by my klavier gaan sit met trane wat oor my gesig loop, en uitgeroep tot God in aanbidding en gebed terwyl ek vashou aan Psalm 34:19 se belofte wat sê: ‘Hy is naby die gebrokenes van hart en red dié wat geestelik stukkend is’.

In Jesaja 41:10 staan daar: ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help’. Ek het gevoel asof ek niemand het, behalwe God om na te hardloop en my te help om deur die storm te kom. Ek het Hom meer as ooit nodig gehad. Later het ek en Liezel gaan sit om die liedjie klaar te skryf,” vertel Jacques.

Die duo glo die enkelsnit sal aanklank vind by ‘n wye gehoor aangesien ons almal beproewings en verdrukking hier op aarde in die gesig staar. Hulle wil luisteraars aanmoedig om op God se beloftes te staan en Hom daagliks meer te soek, met die wete dat soos Johannes 16:33 sê: “In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

NEED YOU MORE is die duo se vyfde enkelsnit en volg in die voetspore van MOVING ON, VASHOU, UIT MY HANDE en WONDER VAN KERSFEES, wat almal op verskeie bekende radiostasies gehoor kan word.

‘n Musiekvideo word ook vir NEED YOU MORE beplan, maar die twee wil nog nie te veel verklap nie.

Tans werk hulle aan nuwe Afrikaanse liedjies en lei hulle aanbidding regoor die land.

Buiten vir musiek, geniet Jacques dit ook om ou motors & motorfietse te restoureer, tyd saam met sy seuntjie te spandeer en saam met Liezel aanbidding te lei.

Liezel was deel van die gospelgroep, Onbeskaamd, en het een Ghoema-benoemde album vervaardig.

Wanneer sy nie sing nie, hou sy van perdry, fotografie en om tyd saam met haar geliefdes deur te bring.

Hierdie boeiende enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms, laai dit hier af:
https://tinyurl.com/JL-NEEDYOUMORE

SOSIALE MEDIA
Facebook, Instagram, YouTube, TikTok